Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Braaitjops

BRAAITJOPS

-

“My ma, Denise Jute, is ’n uitstekend­e kok, maar toe ek getroud is, kon ek nie eens rys kook nie. Ek het soggens vleis ontvries en saans my ma gebel om ’n maklike resep by haar te kry. Hierdie tjops was een daarvan en ek maak dit nog altyd twee keer per maand,” sê Denrich Evans.

VLEIS

4-6 lamstjops sout en pas gemaalde swartpeper MARINADE

125 ml (½ k) blatjang

125 ml (½ k) tamatiesou­s

125 ml (½ k) worcesters­ous SOUS

250 ml (1 k) beesvleisa­ftreksel 10 ml (2 t) vars tiemie, gekap

15 ml (1 e) mielieblom 1 Vleis Geur die tjops met die sout en peper.

2 Marinade Meng die blatjang, tamatiesou­s en worcesters­ous in ’n glasbak, voeg die tjops by en verkoel 1 uur in die yskas.

3 Haal die tjops uit die marinade en behou die orige marinade. Braai die tjops 15-20 minute op warm kole tot net gaar. Draai dikwels om.

4 Sous Verhit die aftreksel en tiemie saam met die oorskiet-marinade in ’n klein kastrollet­jie. Meng die mielieblom met ’n bietjie koue water en voeg by die aftreksel. Laat kook en roer aanhoudend tot die sous verdik.

5 Sit die tjops voor saam met die sous en kapokaarta­ppels.

DENRICH EVANS PORT ELIZABETH, OOSKAAP

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa