Huisgenoot Beste Resepte: Braai
Suurlemoen-en-tiemie-tjops
MARINADE EN VLEIS
30 ml (2 e) suurlemoensap,
vars uitgedruk
5 ml (1 t) olyfolie
23 takkies vars tiemie,
gekap
1 knoffelhuisie, fyn gedruk sout en pas gemaalde
swartpeper 6 lamslendetjops, 2,5 cm
dik gesny SALSA
1 stewige tamatie, gekap ¼ komkommer, in klein
blokkies gesny
1 rooiui, gekap
1 wiel (100 g) fetakaas 15 ml (1 e) rooiwynasyn 15 ml (1 e) olyfolie
2 ml (½ t) suiker
1 Marinade en vleis Meng die suurlemoensap, olie, tiemie, knoffel, sout en peper goed. Plaas die tjops in ’n toeritsplastieksakkie en giet die marinade oor. Seël goed en laat 15 minute by kamertemperatuur marineer.
2 Salsa Plaas die tamatie, komkommer, ui en feta in ’n bak. Meng die asyn, olie en suiker en giet bo-oor. Meng liggies. 3 Braai die tjops op warm kole. Braai die vetkant eerste tot die vet bros is. Braai verder aan die ander kant tot net gaar terwyl jy dit dikwels omdraai.
4 Sit die tjops voor saam met die vars salsa.
JACKIE NAIDOO DURBAN, KWAZULUNATAL
GENOEG VIR 2-3 MENSE Bereiding 30 minute Marineertyd 15 minute Braaityd 15-20 minute