Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Gevulde sitrusvis

-

MARINADE

200 ml appelwynas­yn

200 ml olyfolie

60 ml (¼ k) suurlemoen­sap

5 ml (1 t) worcesters­ous sout en pas gemaalde swartpeper 4 swart peperkorre­ls

4 knoffelhui­sies, gekneus

2 lourierbla­re

1 tiemietakk­ie skil van 1 suurlemoen

VIS

1 middelslag-lynvis (1 kg), skoongemaa­k sout en peper

1 suurlemoen, in skyfies gesny

1 Marinade Meng die bestanddel­e in ’n klein kastrol en laat kook. Laat afkoel.

2 Vis Sny kepe in die vis 2 cm van mekaar, maar moenie regdeur sny nie. Geur met die sout en peper.

3 Druk die suurlemoen­skywe in die kepe. Giet die marinade oor die vis en laat 2 uur in die yskas marineer.

4 Plaas op ’n toeklaproo­ster en braai 20-30 minute op matige kole. Draai gereeld om en verf met die marinade.

5 Sit voor saam met vars gebakte brood.

 ??  ?? 2
2
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa