Huisgenoot Beste Resepte: Braai
Maalvleiskebabs
KEBABS
500 g beesmaalvleis 2 eiers
2 elk uie en knoffelhuisies, fyn gekap 30 ml (2 e) elk gekapte pietersielie en kruisement
7 ml (1½ t) fyn komyn 2 ml (½ t) elk borrie, fyn kaneel en brandrissiepoeier sout na smaak JOGURT-MENT-SOUS 250 ml (1 k) natuurlike dubbelroomjogurt 10 ml (2 t) knoffel, fyn
gekap
15 ml (1 e) ment, fyn
gekap sap en skil van 1 suurlemoen
30 ml (2 e) olyfolie
1 Kebabs Meng al die bestanddele. Vorm 80 ml (¹⁄₃ k) om ’n stokkie. Verkoel 20 minute en braai.
2 Sous Meng al die bestanddele. Sit voor saam met die maalvleisstokkies.