Huisgenoot Beste Resepte: Braai

BASIESE BROODDEEG VIR ROOSTERKOE­K, PIZZA EN POTBROOD

-

500 g witbroodme­el 2 ml (½ t) sout

10 g kitsgis

325 ml louwarm water

1 Meng die meel, sout en gis in ’n mengbak. Maak ’n holte in die middel van die deeg en giet die water in. Voeg nog water soos nodig by as die deeg te droog is.

2 Meng goed deur, keer uit en knie tot dit elasties is en nie meer aan jou hande vaskleef nie.

3 Plaas die deeg in ’n bak, bedek met ’n vaddoek en laat 30-45 minute op ’n warm plek tot dubbel die volume rys.

4 Gebruik die basiese brooddeeg vir roosterkoe­k (braai 20 minute), pizza (braai 15 minute) of potbrood (bak 60 minute).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa