Huisgenoot

Vrou vergewe ontroue sanger

-

Huisgenoot berig die getroude sanger Hugo Niewoudt het ’n affair gehad en sy minnares swanger gemaak, maar sy vrou het hom vergewe en teruggevat ( Weer saam ná sy ‘swak oomblik’, 26 Mei). Ek wil net vir Hugo sê: Owerspel is nie God se wil nie. Dit is plein sonde. Dit is ook tyd dat vroue soos Lianda Siebrits wat met getroude mans lol, vasgevat word. Daar moet ’n wet teen sulke goed wees. LOS DIE SONDE

Soos elke Woensdagog­gend lees ek my Huisgenoot saam met my eerste koppie koffie, sommer hier by die werk. Ek sien iets van ’n sanger en ’n swanger minnares, en boonop sy eie vrou wat hom vergewe vir die “swak oomblik”.

Ek is al byna 20 jaar getroud en sal altyd ’n aktivis wees vir getrouheid binne die huwelik. In my 20 jaar van getroude lewe was daar geen “swak oomblik” van my of my man se kant nie. Baie vroue vergeef ’n ontroue man en neem hom terug, maar ek glo geen vrou moet so ’n man terugvat nie. Dit laat dit lyk of ons dienaars is vir ons man en maar net sy sonde moet duld.

Ons is g’n dienaars nie. Ons werk deesdae vir ons eie geld. Ons hou ons huise aan die kant en ons kinders kry ook nog onverdeeld­e aandag.

Die laaste ding wat ’n man ooit aan my moet doen, is om ’n meisie die helfte sy ouderdom swanger te maak en by my te kom pleit oor sy “swak oomblik”.

Mans wat rondloop, moet hul tassies pak en waai.

Ek noem nie eens die minnares in my brief nie. Iewers in Spreuke lees jy van vroue soos hulle. GETROU, MAAR NIE GEDIENSTIG

Hugo sê hy het ’n “swak oomblik” gehad toe hy sy vrou verkul het. Die Nederlande­rs het ’n goeie benaming vir dié “swak oomblik”. Hulle noem dit “die lawwe vyf minute”, want dis gewoonlik van korte duur en die betrokke mens maak hom of haar sommer belaglik.

Ons noem dit sommer “middeljare­krisis”. Eisj! ELIZE

Nee, Hugo, ou maat, dit was geen oomblik van swakheid nie. Jy het geweet wat jy doen en verniet seks gekry. Ek het ook al daardie pad met my man geloop. Dié seerkry sal ek egter nooit vergeet nie. HARTSEER

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa