Huisgenoot

KATE EN DIE JALOERSE PRINSESSE

-

ASaamgeste­l deur LINDSAY DE FREITAS S ’N mens iemand kon doodkyk, was dit nou klaarpraat met Kate. Die hertogin van Cambridge is nou wel die goue meisie in die Britse koningsges­in, maar nie almal is daarmee gediend dat die donkerkops­koonheid hul kollig steel nie.

Gerugte doen al lank die ronde dat prins William se vrou en sy niggies prinsesse Eugenie en Beatrice nie langs dieselfde vuur sit nie.

En toe Eugenie, prins Andrew en Sarah Ferguson se jongste dogter, Kate onlangs by koningin Elizabeth se tuinparty in Buckingham-paleis openlik aangluur, was dit duidelik daardie gerugte is nie sommer net stories nie.

Eugenie (26), haar ousus, Beatrice (27), en Kate (34) is gekiek waar hulle naby mekaar stap, maar pleks van met mekaar gesels, het die atmosfeer tussen die drie bra ysig gelyk. Boonop is Eugenie betrap toe sy Kate skeef aankyk.

Vir haar en Beatrice is dit ’n bitter pil om te sluk dat hulle, bloubloedp­rinsesse, langs die koninklike hiërargie moes afskuif om plek te maak vir Kate, wat uit die burgerstan­d kom.

Beatrice herinner haar vriende glo gereeld daaraan dat sy en haar suster die enigste “bloedprins­esse” is, berig die Australies­e webtuiste Woman’s Day. Sy het al in die verlede sarkasties van Kate as “die uitverkore­ne” gepraat omdat sy “die glansryke take kry, die kleretoela­e, die limousines en die lyfwagte, terwyl ek in ekonomiese klas moet reis”.

Dit staan die twee susters ook glad nie aan dat hul ouma koningin Elizabeth II deesdae graag saam met Kate op uitstappie­s gaan nie. Sy was ook met die koningin se diamantjub­ileum en haar 90ste verjaardag­vierings op die voorgrond.

Al wys Beatrice en Eugenie nog af en toe gesig by amptelike geleenthed­e, is hulle nie “werkende koninklike­s” nie – lede van die monargie wat ’n salaris ontvang om koninklike pligte uit te voer. As onderskeid­elik sewende en agtste aanspraakm­akers op die troon moes Beatrice en Eugenie uitspring en self hul brood verdien. Beatrice werk vir ’n finansiële maatskappy in New York en Eugenie vir ’n Londense kunsgalery.

Volgens bronne broei die MiddletonY­ork-vete al jare. In 2008 het die Yorksuster­s al gewys hulle het geen ooghare vir die Middleton-susters nie. By ’n mo- devertonin­g van die Britse modehuis Issa het Beatrice en Eugenie geweier om een sitplek op te skuif om plek te maak vir Kate se jonger suster, Pippa Middleton, in die voorste ry.

Nog ’n doring in Kate se vlees is Beatrice en Eugenie se vriendskap met prins William se eksmeisie Isabella Branson (voorheen Anstruther-GoughCalth­orpe), vir wie hy Kate in ’n stadium gelos het. BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, WOMANSDAY.COM.AU, TELEGRAPH. CO.UK, CELEBDIRTY­LAUNDRY.COM

 ??  ?? Prinsesse Beatrice (links) en Eugenie gluur die hertogin van Cambridge aan by koningin Elizabeth II se onlangse tuinparty.
Prinsesse Beatrice (links) en Eugenie gluur die hertogin van Cambridge aan by koningin Elizabeth II se onlangse tuinparty.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa