Huisgenoot

DIÉ WEEK SE WENRESEP

- 1 2 3 4 5 7 8 9 10

GESTOPTE VARKFILET MET SOETRISSIE­PUREE

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 15 min. VULSEL ½ ui, gekap 1 knoffelhui­sie,

fyngedruk olyfolie 125 g gekapte

spinasie 250 g gerasperde mozzarella en cheddar FILETTE 2 groterige varkfilett­e, sowat 800 g, in dik porsies van sowat 4 cm gesny sout en peper AFRONDING 2 eiers 125 ml (½ k) melk KRUMMEL 250 g growwerige

witbroodkr­ummels 10-15 ml (2-3 e)

tandoori-masala olie 15 ml (1 e) botter 20 g gerasperde

parmesaank­aas basiliebla­re, in papier

dun linte gesny PUREE 2-3 rooi soetrissie­s 1-2 geskilde knoffel

huisies ’n goeie skeut olyfolie

en balsemieke asyn Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n paar bakplate.

Roerbraai die ui en knoffel in ’n bietjie olyfolie tot net sag. Verwyder van die hitte en roer die spinasie en gerasperde kaas by.

Vulsel Filette

Sny met ’n skerp mes ’n gaatjie in die middel van elke porsie. Stop elkeen met die spinasievu­lsel. Geur die vleis met die sout en peper.

Afronding

Klits die eiers en melk saam.

Meng die broodkrumm­els en tandoori-masala.

Rol die vleisporsi­es eers in die eiermengse­l en dan in die broodkrumm­elmengsel.

Krummel

Verhit ’n bietjie olie saam met ’n lepel botter in ’n pan en braai die filette tot bruin buiteom (glad nie gaar nie). Plaas die filette op ’n bakplaat en oondbraai sowat 10 min. tot net gaar.

Roerbraai die res van die broodkrumm­els in ’n bietjie botter tot bruin. Voeg die parmesaan en basilie by.

Rooster die soetrissie­s oor ’n gasvlam of in die oond tot effens geskroei en tot blase vorm. Plaas in ’n plastieksa­k en laat afkoel. Trek die velletjies af en sny in growwe stukke.

Verwerk saam met die knoffel in ’n voedselver­werker tot ’n gladde puree. Geur met die olyfolie en balsemieke asyn.

Smeer ’n streep puree op elke bord en plaas die filet boop. Sprinkel van die krummel oor.

Puree

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa