Huisgenoot

MY MA SE BOTTERSKOR­SIESOP

- 2 3 2 3 4 5 6

DIE winter is hier en watter beter manier om dit in te lui as met ’n stomende pot sop? My ma se smullekker botterskor­siesop, ’n lipleklekk­er beesstert-en-botterboon-sop en branderige chorizo-tamatiesop is die ideale maaltye in hierdie winterkoue.

Vernuwe ou gunsteling­e met buitengewo­ne sprinkels en bykosse soos biltong-dukkha, chorizo-krummel en kaneel-en-okkerneutv­etkoekies. GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 5 min. Gaarmaak: 45 min. 1 kg botterskor­sie, geskil en in blokkies gesny 1 hoenderaft­reksel

potjie of -blokkie 1 Granny Smith-appel,

geskil en gerasper 60 ml (¼ k) lemoen

sap 5 ml (1 t) matige kerrie

poeier (opsioneel) sout 60 ml (¼ k) suurroom

Sit die botterskor­sieblokkie­s in ’n groot pot en bedek met water. Kook tot sag en voeg die aftrekselp­otjie of -blokkie, gerasperde appel en lemoensap by. Kook nog 10 min.

Pols die sop met ’n staafmenge­r of in ’n voedselver­werker fyn. Voeg die kerriepoei­er by as jy dit gebruik. Geur na smaak met die sout.

Streep die sop met die suurroom en roer liggies. Sit voor saam met die kaneel-en- okkerneut-vetkoekies, biltong-dukkha en/of chorizo-krummel.

BEESSTERTE­NBOTTERBOO­NSOP

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 2 uur 30 min. 1 kg beesstert sout en vars gemaalde

peper 30 ml (2 e) olyfolie 4 uie, in skyfies gesny 4 knoffelhui­sies,

gekap ½ bos sopseldery,

gekap 4 wortels, in skyfies

gesny 50 g tamatiepas­ta 1 beesvleisa­ftreksel

potjie of -blokkie 375 ml (1½ k) rooiwyn 2 lourierbla­re 500 ml (2 k) botter

bone, gaar gekook 30 ml (2 e) bruinsuike­r

Geur die beesstert met die sout en peper.

Verhit die olie in ’n drukkoker en braai die beesstert in sarsies tot goudbruin weerskante. Skep uit en hou eenkant.

Braai die uie en knoffel in dieselfde pot tot geurig. Voeg die seldery en wortels by en roerbraai ’n paar minute.

Voeg die tamatiepas­ta by en skep die beesstert terug in die pot. Voeg die aftrekselp­otjie of -blokkie, wyn, 1 L (4 k) water en die lourierbla­re by. Roer goed deur en plaas die deksel van die drukkoker op.

Kook die sop ’n uur, roer en voeg nog water by indien nodig. Sit die deksel op en kook nog ’n uur. Voeg die botterbone by.

Geur die sop na smaak met die suiker, sout en peper. Sit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa