Huisgenoot

KOEKEDOOR-KORTPAD VIR PANNEKOEKT­ERT

-

Die pannekoekt­ert (crêpe-koek soos die Franse sê) word ge- maak met minstens 20 papierdun, kantagtige pannekoeke met dun vulsel tussenin. Mari-Louis Guy verduideli­k hoe:

MAAK SO

Moenie skrik as die beslag te dun lyk nie; dit dra by tot sagte, delikate pannekoeke. Jy kan die beslag en vulsel reeds die vorige dag maak; hoe langer die beslag staan, hoe meer ontwikkel die smaak en hoe sagter is die deeg. Dis die vinnigste om die beslag in ’n voedselver­werker of met ’n handstaafm­enger aan te maak. Dit speel ook sommer klaar met klonte. Hoe korter, hoe beter: Draai die pannekoek om die oomblik dat die kante omkrul en die beslag nie meer aan die pan kleef nie. Stel die tert op die opdienbord saam. Plaas die pannekoeke met die goue kante boontoe en hou die mooiste pannekoek om bo-op te sit. Tannie Elizabeth Cloete glo geen winkelmuff­in kan kers vashou by ’n tuisgebakt­e muffin wat blitsig, goedkoop en vol moontlikhe­de is nie. Dis ook nie vol ekstra byvoegings en baie suiker om die raklewe te verleng nie. Sy sê: Laat die pannekoeke heeltemal afkoel voor jy dit smeer en stapel. Die vulsel moet ferm wees en dun gesmeer word. Laat die tert minstens 1 uur afkoel voor jy dit sny.

IDEES

Maak ’n verrassing­stert deur ’n sirkel uit die binnekant van ’n stapel pannekoeke te sny en die holte met iets interessan­ts te vul. Kleur en geur die beslag en die vulsel. Maak mini-pannekoeki­es deur stapels met koekiedruk­kers uit te druk. Die fyn kartelrand­e is mooi; moet dit dus nie toesmeer nie. As jy egter ’n afgewerkte voorkoms verkies, druk die stapel met ’n groot koekpan uit. Wilandi Esterhuyse­n, ’n ’nargitek argitek v van Port Elizabeth, sê toffieappe­ls kan as tafeldekor gebruik word of jy kan gebak met klein toffieappe­ls of -pere versier. Hier is raad:

GEEN BORRELS

Om borrels te voorkom, raak ontslae van die waslagie om die appels. Kook 1,5 L (6 k) water saam met 5 ml (1 t) witasyn, doop die appels 3-5 sek. en droog goed af.

SUIKERSTRO­OP

Roer net aan die begin tot die suiker opgelos is, maar glad nie terwyl dit kook nie. Gebruik ’n nat kwas om die kristalle wat aan die kant vorm gereeld af te was. Beweeg die pot af en toe van kant tot kant om die hitte eweredig te versprei. Die suiker moet kraakstadi­um (140-143 °C) op die suikerterm­ometer bereik het. Plaas die pot vir 1 min. in yswater wanneer die regte temperatuu­r bereik is om te keer dat die

KOEKEDOOR-KORTPAD VIR MUFFINS

pot se hitte die temperatuu­r nog opstoot. As die stroop te veel afkoel terwyl jy doop, verhit dit weer.

DOOP

Om ’n kleiner voet te kry, doop die appels vinnig in yskoue water voor jy dit neersit op gesmeerde bakpapier.

VERSIERING

Doop eers in gesmelte sjokolade (veral wit lyk mooi). Giet dan ’n bietjie stroop in ’n donkerder kleur oor en laat dit afloop. Rol in neute of krummels voor die stroop verhard. Druk stewige vrugte soos stukkies vye, kersies of dadels in die stroop. Rol in dukkah of sesamsaad. Bloeisels, mikrokruie en nog sade kan ook gebruik word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa