Huisgenoot

INGROEI-TOONNAELS

- BEHANDELIN­G

Toonnaels wat ingroei, is die algemeenst­e naelproble­em, en boonop een van die seerstes. “Dit kan jou so opkeil dat jy in ernstige gevalle nie meer wil loop of op jou voet trap nie,” sê dr. Edden Kift, ’n algemene praktisyn van Riversdal.

Ingroei-toonnaels ontstaan wanneer die kant van die toonnael binne-in die sagte naelbed invou. Omdat die nael skerp is, veroorsaak dit ’n letsel in die naelbed wat tot ’n abses kan ontwikkel as dit ontsteek. Dit bring ’n baie ongemaklik­e rooi swelling mee wat jou seermaak as iets daarop druk of daarteen stamp.

As die infeksie baie erg is, sal die toon begin sweer en kan dit selfs sleg ruik.

Die probleem het verskillen­de oorsake, sê Edden. “Een is skoene wat nie reg pas nie en die tone druk. Dit druk die nael letterlik in die naelbed in.”

’n Ander oorsaak is naels wat verkeerd geknip word. Die naelhoekie­s word beskadig, wat tot abnormale groei en infeksie kan lei. Dit beskadig dan die naelbed.

Naels moet verkieslik reguit geknip word sonder dat die hoekies weggesny word. In minder ernstige gevalle kan die voet daagliks in ’n skottel met warm soutwater geweek word. Omdat kieme nie in soutwater kan oorleef nie, sal dit die infeksie stop en pyn verlig, verduideli­k Edden. “Daarna kan antibiotie­se room aangesmeer word. As die pyn en sweersel ná ’n paar dae nog nie gewyk het nie, kry kundige raad. ’n Dokter kan dit onder verdowing behandel. Dit behels die verwyderin­g van die naelhoeke uit die naelbed.”

As jy egter diabetes of swak bloedvoors­iening het, moet jy liewer met die eerste teken van infeksie mediese raad kry.

Voorkoming is die beste, is Edden se raad. Laat ’n deskundige of skoonheids­terapeut jou naels vir jou versorg as jy dit kan bekostig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa