Huisgenoot

GEWETE PLA HOM OOR EKS

-

Ek en my gewese verloofde het mekaar ses maande geken toe ons verloof raak. Mettertyd het ek besef ek sien nie meer kans vir die konflik tussen ons nie. Toe ek dit vir haar sê, het sy die verlowing verbreek en is sy vir ’n week na haar ouers toe. Toe sy terugkom, het ek vir haar gesê sy het dalk impulsief opgetree.

Sy het gevra daar moet meer afstand tussen ons en my ouers wees. Ek werk by ’n familie-ondernemin­g en dit maak alles nogal moeilik. Op my beurt het ek gevra sy moet meer sosiaal wees en by die gemeenskap inskakel. Ná twee weke saam het ek besluit ons is nie goed vir mekaar nie en die verhouding beëindig.

Sy het reeds haar lewe ingerig om by my te wees. Ek voel verantwoor­delik daarvoor dat sy nou met skuld en toerusting vir ’n praktyk sit. Ek verlang na haar. Ek raak aan die kuier en drink dan te veel omdat ek nie alleen wil huis toe gaan nie. Ek woon op ’n platteland­se dorpie.

KS op WT

Dis altyd moeilik as ’n mens lief is vir iemand wat jy en ander voel nie by jou wêreld inpas nie. Maar die feit dat jy geen vrede het nie, wys jy voel julle kon eintlik weer probeer het.

Dalk het julle mekaar bloot te kort geken toe julle so ’n groot verbinteni­s soos ’n verlowing aangegaan het. Jy wil die eerbare ding doen en wegbly, maar het geen afsluiting oor wat werklik hier gebeur het nie.

Moenie langer jul ouers en die gemeenskap eerste stel nie; jul verhouding moet eerste kom. Ontmoet mekaar op ’n ander dorp saam met ’n berader of ’n vertroueli­ng wat ’n gesprek kan lei sodat julle kan uitpluis wat gebeur het en ’n beter plan kan maak oor hoe om mekaar in die toekoms tegemoet te kom.

Probeer nog een keer. Onthou net, sy het soos jy seergekry en moet met sensitiwit­eit benader word. Jy kan dié verhouding red as jy regtig wil. Rou verander ’n mens. Jy moet besef jy gaan nie weer jou ou self wees nie. Erkenning van die werklikhei­d bring genesing, maar ontkenning verleng die pyn. Dit is wel moeilik om die werklikhei­d Skuldgevoe­lens laat mense gewoonlik so in die geheim optree. Dalk dink hy jy sal nie van sy vrou hou nie.

Gee hom ruimte. Probeer ná ’n rukkie kontak maak deur vir hom ’n vriendelik­e e-pos sonder blaam of verwyt te stuur. Vra verskoning as jy dink iets staan tussen julle. Hou aan om af en toe vir hom ’n e-pos te stuur.

Stort intussen jou liefde op ander maniere uit. Word ’n vrywillige­r by ’n welsynorga­nisasie of kry ’n troeteldie­r.

Sommige goed kan ’n mens ongelukkig nie verander nie, maar tyd kan wel ’n verskil maak. in die oë te kyk wanneer jou drome verpletter is.

Saamwees help. Moenie jou van jou man afsonder nie. Gee hom kans om jou op sy manier te troos. Huil saam. Hou mekaar vas. Hoe meer fisieke kontak, hoe groter die herstel. Dit vul leemtes wat julle nie vir mekaar kan uitstippel nie. Doen iets positiefs saam, soos om te gaan stap, te gaan fliek of na musiek te luister. Dit lei jul aandag ’n rukkie af van jul verlies.

Staan af en toe wanneer jy kan tyd af aan jou hartseer. Beoefen ’n ritueel, soos om ’n kers aan te steek.

Bly weg van sosiale media se nuusvloei, waar jy vriendinne se babas sien.

Dit neem tyd om pyn te verwerk. ’n Jaar is ’n billike verwagting. Onthou ook ’n mens hoef nie iets te verstaan om dit te kan aanvaar nie. Ná die aanvaardin­g sal berusting kom. Baie sterkte. Geluk dat jy die snellers vir konflik kon raaksien, want nou kan jy iets daaraan doen. Wanneer julle in die motor is, kan jy die radio aanskakel, ’n CD laai om na te luister of e-posse op jou foon beantwoord.

Neem jou voor jy gaan van die motor ’n emosievrye sone maak. Maak jul rusies klaar voor julle in die voertuig klim of bly by die huis tot julle ’n oplossing het.

Moenie van jou kêrel verwag om in die motor besluite te neem nie. As hy dalk aan onderligge­nde padwoede ly, kan jy gerus ’n slag bestuur.

Dalk voel hy jy gee te veel aandag aan jou familie en omgekeerd. Selfs al is dit nie waar nie, kan dit geen skade doen om jul verhouding eerste te stel en familie (syne en joune) tweede nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa