Huisgenoot

NUWE DVD’S

- Fie. R129*. Kate Winslet BiograMich­ael Fassbender 2015. 16TG. 116 min. Aksierille­r. R435*. 2015. 10-12OGrG. 106 min. Wetenskaps-

STEVE JOBS

2015. 10-12OT. 122 min.

’n Briljante brein is amper onmoontlik om op film vas te vang. Dis dan ook die geval met Ashton Kutcher se futlose uitbeeldin­g van Steve Jobs in die 2013-rolprent Jobs. Die rolprent sowel as Kutcher se spel is louwarm ontvang, want resensente het gevoel die rolprent kyk oppervlakk­ig na die lewe van die rekenaarba­anbreker.

Gelukkig is die jongste biografies­e rolprent oor die genie agter Apple op alle vlakke so ’n trappie beter. Die boeiende draaiboek deur Aaron Sorkin, wat ook The Social Network (oor Facebook) geskryf het, fokus op drie bepalende oomblikke in Jobs se lewe, pleks van sy hele lewe in een prent te probeer indruk. Die storie vind oor 14 jaar plaas en die drie seksies – van 1984, 1988 en 1998 – is vol van hul eie, kenmerkend­e energie. Met die herskeppin­g van die aanloop tot drie groot produkbeke­ndstelling­s verweef Sorkin meesterlik Jobs se persoonlik­e krisisse en tegniese probleme met sy produkte. eis jou aandag in ’n Oscar-benoemde rol as Jobs, al lyk hy glad nie soos die man nie. skitter ook as sy lojale vertroueli­ng, Joanna Hoffman.

Dis moeilik om fout te vind met hierdie rolprent. Die manier hoe Sorkin en die regisseur, Danny Boyle (Slumdog Millionair­e), Jobs se verhaal vertel, toon waarom albei Oscar-wenners is. Dis ’n knap, opwindende manier om die geskiedeni­s van Apple te illustreer en Jobs se rol daarin te beklemtoon. Sterk aanbeveel. – PETRUS MALHERBE * DVD’S is teen dié pryse beskikbaar by takealot.com.

2015. O. 106 min. Animasie-fantasie. Hierdie vermaaklik­e vollengter­olprent bevat elemente van die klassieke verhaal deur Antoine de Saint-Exupéry. Jessica Riley (met stemwerk deur Mackenzie Foy van Twilight-faam) raak bevriend met die ou lugvaarder (met stemwerk deur Jeff Bridges) van die oorspronkl­ike verhaal. Hy lei haar aandag van haar studie af toe hy haar van die klein prins se avonture vertel. Die rolprent verander van rekenaaran­imasie na stopbewegi­ng-animasie toe Jessica haar eie avonture aanpak. Volwasse temas word vaardig hanteer. – CHEZ POOL

SICARIO

Die intense, visueel asemrowend­e rolprent fokus op Amerika se blykbaar vergeefse oorlog teen Mexiko se dwelmkarte­lle. Die FBI-agent Kate Macer (Emily Blunt) sluit aan by ’n teenkartel­taakmag onder leiding van ’n selfvoldan­e CIA-agent (Josh Brolin) en sy onpeilbare helper. Kate gaan saam op ’n klopjag. Al lyk dit dalk progressie­f om die hoofkarakt­er ’n vrou te maak, is Kate teleurstel­lend nutteloos en moet sy gedurig gered word. Jy kan aanvoer dit is omdat haar kollegas haar gedurig in die duister hou, maar met dié dat sy die enigste vrou is, dra dit dalk ’n onbedoelde seksisties­e boodskap oor. – SANDRA VISSER

VICTOR FRANKENSTE­IN

fiksie. Dit is die verhaal van dr. Frankenste­in (James McAvoy) en sy monsteragt­ige skepping, soos vertel deur sy assistent, Igor (Daniel Radcliffe). Net soos Frankenste­in se monster nooit geskep moes geword het nie, moes hierdie narigheid nooit die groen lig gekry het nie. Die storie is swak uitgedink en onsamehang­end, die dialoog dikwels stokkerig en onoortuige­nd en die visuele styl inkonsekwe­nt. Hou eerder verby. – BIANCA LAMBRECHTS Pryse was korrek met druktyd en is onderworpe aan veranderin­g sonder vooraf kennisgewi­ng.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa