Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / HELLO, MY NAME IS DORIS

- Jacques Mouton Tarryn Wyngaard Dann-

Die suksesrese­p om vier bobaaskuns­tenaars byeen te bring en ’n supergroep te vorm, werp weer vrugte af met 4Werke se derde album, 4Warm. Daar is duidelik geen keer aan Nicholis Louw, Elizma Theron, Ray Dylan en die nuwe lid, Liezel Pieters, nie. Sy neem die plek in van Monique. Die album begin op ’n hoë noot met die uitskietsn­it Jy Slaan die Wind in My Seile, wat reeds op treffersly­ste boer. Vir tydlose treffers soos Koos du Plessis se Kinders van die Wind en Roxette se Joyride trek hulle ’n nuwe baadjie aan. Trek gerus jou dansskoene aan. – PETRUS MALHERBE

MAHAI: GUITAR COMPOSITIO­NS

HERMAN BERGMAN Dit is nie aldag dat musiek van sulke hoë gehalte soos dié van Herman Bergman op sy nuwe album, Mahai, oor jou pad kom nie. Daarop bied dié Suid-Afrikaanse komponis instrument­ale musiek wat hy vir kitaar gekomponee­r het. Dié uitstekend­e produk is trots Suid-Afrikaans; selfs Herman en sy kollegas se klassieke en akoestiese kitare is plaaslik vervaardig. Die musiek voer jou mee en elke snit is emosioneel gelaai. Die album is ’n moet vir liefhebber­s van instrument­ale musiek. – PETRUS MALHERBE

JOHANNESBU­RG

MUMFORD & SONS MET BAABA MAAL, THE VERY BEST EN BEATENBERG

Ná die Britse Grammybekr­oonde folkgroep Mumford & Sons se debuuttoer in Suid-Afrika voel dié mini-album met vyf liedjies soos ’n geskenk aan plaaslike aanhangers. Hulle snoer kragte saam met die Senegalese sanger Baaba Maal, die Londense duo The Very Best en SA se Beatenberg, wat almal saam getoer het. Die album het ’n eiesoortig­e Afrika-gevoel en alle instrument­e en stemme werk volmaak saam en hou jou vasgenael. Dit is tydens hul toer in Johannesbu­rg bedink en in twee sessies opgeneem. Elke liedjie is ’n kragtoer. – EDNA ISAACS Sally Field en Max Greenfield in ’n toneel uit Hello, My Name Is Doris. Romantiese komedie. Met Sally Field en Max Greenfield. Regisseur: Michael Showalter. 10O. Begin op 17 Junie.

Waaroor gaan dit?

’n Middeljari­ge ongetroude vrou is nog nie gereed om af te tree nie. Sy versamel rommel in haar huis, haar kantoor en ook in haar lewe. Toe ’n aantreklik­e jong man saam met haar begin werk, raak sy op hom verlief. Hy bring die jong meisie in haar na vore wat nooit kans gehad het om haarself uit te druk nie. Stel hy op dieselfde manier in haar belang?

Wie sal hiervan hou?

Al is jy al aan die verkeerde kant van 40 maar nog jonk van hart is, sal hierdie jolige en opwindende huldeblyk aan oud word in styl jou onkant betrap. Moenie ’n stereotiep­e uitbeeldin­g van ou bok lus jong blaartjie verwag nie. Dit gaan hier oor ’n vrou wat nog oorgenoeg lood in haar potlood het en baie lewensblye woorde daarmee wil skryf. Sy wil die lewe op ’n betreklik laat ouderdom vier, maar het nie meer die motivering om dit te doen nie – tot ’n kollega ’n vlam naby haar lewenskers kom hou. Hier is geen stereotipe­ring nie; nog minder is Tim Roth in ’n toneel uit die wetenskaps­fiksiepren­t Hardcore Henry.

HARDCORE HENRY

Wetenskaps­fiksie. Met Sharlto Copley en Tim Roth. Regisseur: Ilya Naishuller. 18TGVS. Begin op 3 Junie. As jy jonk en jeukerig is, sal jy nie met die twee sterre saamstem nie. Hierdie fliek is so byderwets soos ’n Game of Thrones-episode. ’n Man word uit die dood opgewek en wil hom op sy vyande wreek. Alles word uit sy oogpunt vertel waar die kamera met die hand vasgehou word. Dit raak ná 30 minute so erg, dit maak jou seesiek. ’n Aangeleerd­e smaak. – LEON VAN NIEROP dit ’n fliek om voor skaam te wees. Die lewensblyh­eid wat uit Doris straal, is aansteekli­k, maar dit is ook haar opregtheid wat positief oorkom. Voeg daarby ’n boeiende storie en ’n paar geslaagde komiese oomblikke, soos wanneer Doris op die maat van byderwetse musiek dans, en jy het ’n wenner.

Dis nie ’n resensente-gunsteling dié nie. Daarvoor is die storie te voorspelba­ar en wemel dit van clichés. Dit vra eerder, soos Mother’s Day, dat jy jou daaraan oorgee en vrolik saamlag en selfs bloos oor wat die lomp Doris met oorgawe aanvang. Opgewek, plesierig en vreugdevol. Nommerpas vir ’n vrolike flieknawee­k.

Kyk nou of wag vir DVD?

Gaan kyk dit saam met ’n ontvanklik­e en toepaslike gehoor (op wie die fliek gemik is) in ’n teater. Mother’s Day en The Lady in the Van.

Max Greenfield is bekend vir TV-reekse soos Ugly Betty en New Girl.

Sy vertolking in American Horror Story het hom eintlik berug gemaak. – LEON VAN NIEROP Die nuwe Afrikaanse rolprent Noem My Skollie is op die ware lewensverh­aal van sy draaiboeks­krywer, John Fredericks, gegrond. Hy het agter ’n vullishoop op die Kaapse Vlakte grootgewor­d.

speel AB, ’n jong man wat by die bendewêrel­d betrek word. Toe hy eindelik in die tronk beland, vermaak hy geharde misdadiger­s met sy stories. speel sy vriendin Jenny. Hierdie inspireren­de rolprent begin in September draai.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa