Huisgenoot

Waaroor gaan The Vegetarian?

-

DIE Italiaanse skrywer Elena Ferrante en die Nobelprysw­enner Orhan Pamuk was twee groot gunsteling­e wat meegeding het om vanjaar se Man Booker Internasio­nale Prys. En daar verras die beoordelaa­rs toe almal deur die taamlik onbekende Suid-Koreaanse skrywer Han Kang te bekroon vir The Vegetarian, ’n ontstellen­de roman en haar eerste wat in Engels vertaal is.

“Dis amper ’n bisarre storie – ’n storie wat maklik sou kon oorhel na ’n kru riller of melodrama . . . maar dit het buitengewo­ne ewewig en takt en beheer,” sê Boyd Tonkin, voorsitter van die Bookerbeoo­rdelaars.

Die Man Booker Internasio­nale Prys verskil van die jaarlikse Man Bookerprys deurdat dit tweejaarli­ks toegeken word aan ’n skrywer buite die Britse Statebond en Ierland en dit moet in Engels vertaal wees. Dit is die eerste keer dat die prys vir ’n enkele boek toegeken word en nie vir ’n skrywer se gesamentli­ke werk nie.

Kang het gesê dit was ’n groot eer om die prys te wen, hoewel dit vreemd gevoel het, want sy het dit reeds ’n dekade gelede geskr yf. The Vegetar - deskund jjou h o ra ver ki w verlie v meemeebrin­g. ian is eers verlede jaar in Engels uitgegee.

Sy deel die prysgeld van £50 000 (R1,15 miljoen) met Deborah Smith, ’n Brit wat die boek vertaal het nadat sy Koreaans ’n paar jaar lank studeer het.

“Die punt van hierdie prys s is dat dit totaal gelyk tussen skrywer en vertaler is en ons voel dat hierdie vreemde en briljante boek presies sy regte stem in Engels gekry het,” sê Boyd. Yeong-hye, ’n ongeïnspir­eerde maar gedienstig­e vrou, ly aan die vreeslikst­e nagmerries en besluit dus om ’n vegetariër te word. In Suid-Korea, waar vegetariër­s ’n seldsame verskynsel is, word haar besluit beskou as ’ n daad van skokkende ondermynin­g. Dit veroorsaak dat haar voorheen vaal man hom wend tot seksuele sadisme.

Sy betower haar suster se man, ’n videokunst­enaar, en word die fokus van sy toenemend gekke erotiese kuns- werke. Yeong-hye verval self ál dieper in haar eie fantasieë om haar vleeslike tronk te verlaat en ’n boom te word.ord

 ??  ?? Die vertaler Deborah Smith en skrywer Han Kang met hull Booker-pryse.
Die vertaler Deborah Smith en skrywer Han Kang met hull Booker-pryse.
 ??  ?? Deur He Helana Olivier (Lux Verbi,
Deur He Helana Olivier (Lux Verbi,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa