Huisgenoot

WAT IS ’N VUURTORING?

-

Dit is ’n gebou of toring met ’n helder lig aan die bopunt en staan langs die kus by belangrike of gevaarlike punte vir bote en skepe. Dit het twee hoofdoelwi­tte: om seevaarder­s te help met navigasie en om as waarskuwin­g te dien. Dit is soos ’n flikkerend­e verkeersli­g vir bote.

Vuurtoring­s is nie net snags belangrik wanneer hul helder lig kilometers ver gesien kan word nie; bedags dien hulle as bakens vir seevaarder­s. Hulle kan uitgeken word aan hul verskillen­de groottes, vorms en kleure. Wanneer die weer baie guur is, soos in die geval van digte mis, gebruik vuurtoring­s die klank van ’n mishoring om bote te waarsku.

Wanneer ’n mens aan ’n vuurtoring dink, dink jy gewoonlik aan ’n hoë toring, maar dit is nie altyd die geval nie; dit kan ook ’n platform in die see wees. Hoe ’n vuurtoring lyk, hang af van waar dit staan. As die land plat is, kan dit ’ n baie lang, smal toring wees. As dit aan die hange van ’n krans gebou is, kan dit ’n plat gebou wees.

Vuurtoring­s word ook van verskillen­de soorte boumateria­al gebou. Die soort

’n Middeleeus­e voorstelli­ng van die Pharos-vuurtoring van Alexandrië, een van die sewe wonders van die antieke wêreld.

o d t h

Vandag het die meeste vuurtoring­s ’n elektriese lamp en ’n spesiale lens wat die lig van ’n ligbron konsentree­r in ’n helder straal wat oor groot afstande gesien kan word. Die lens staan bekend as ’n Fresnel-lens en is genoem na die Franse fisikus en ontwerper daarvan, Augustin-Jean Fresnel (1788-1827).

Die Slangkop-vuurtoring by Kommetjie op die Kaapse Skiereilan­d.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa