VUURTORINGWAGTERS
Die Groenpunt-vuurtoring in Kaapstad
wonders van die antieke wêreld. Dit is in die derde eeu voor Christus voltooi. Die Pharos was sowat 120 m hoog. Heel bo-op was ’n oop koepel waar snags ’n vuur gebrand het en waarin ’n groot spieël bedags die son se strale weerkaats het om die roete na Alexandrië se hawe aan te dui. Die Pharos is ná twee groot aardbewings in die 14de eeu heeltemal verwoes.
Soos met die Pharos was ’ n vuur die meeste van die eerste vuurtorings se ligbron. Mettertyd is vure vervang met lanterns wat ’n groot getal kerse bevat het of lampe wat met olie of gas gebrand het. Vandag het die meeste vuurtorings ’n elektriese lamp en ’n spesiale lens wat die lig konsentreer in ’n straal wat baie ver gesien kan word.
Die lamp en lens in moderne vuurtorings draai ook in die rondte sodat dit van alle kante gesien kan word.
Die Kaap Hermes-vuurtoring by Port St. Johns
Baie van vandag se moderne vuurtorings is onbeman en word outomaties of met afstandbeheer bestuur. Dit was nie altyd die geval nie.
Toe die tegnologie nog nie so ver ontwikkel was nie, is vuurtorings beman deur dapper mans en vroue wat as vuurtoringwagters bekendgestaan het. Hulle het onverpoos in moeilike omstandighede gewerk om die vuurtoring aan die gang te hou.
Vuurtoringwagters was daarvoor verantwoordelik om die lig elke aand en oggend aan en af te sit. Hulle moes ook gereeld deur die nag seker maak dat dit doeltreffend werk.
Boonop het hulle die gebou skoon gehou en moes hulle die lens gereeld poets, ’n taak wat die hele dag kon duur. Daarby moes hulle die mishoring in ’n goeie werkende toestand hou.