Huisgenoot

WOEF! VRY VAN ’N MENSELEWE!

Vir ál meer mense wêreldwyd is dit stertswaai-lekker om soos ’n hond te leef. Maar vanwaar dié ongewone belangstel­ling?

- Deur PIETER VAN ZYL

DIS ’n hondelewe, hoor jy dikwels iemand kla wanneer dinge die dag nie lekker vlot nie. Alles druk: die werk, die huishoudin­g, verhouding­s. Maar glo dit of nie, daar is wel mense vir wie ’ n hondelewe juis aanloklik is. So lekker dat hulle ná ’n moeilike dag by die werk nie kan wag om op hul hande en knieë aan ’n leiband rond te kruip of ’n bal te jaag nie. Dis mos nou hoe ’n man ontspan!

Dit klink vreemd, of hoe? Maar die subkultuur bekend as die “mensehondj­ies” is die onderwerp van die nuwe dokumentêr­e rolprent Secret Life of the Human Pups. Dit lig die sluier oor ’n ongewone leefstyl wat meestal deur mans aangehang word – ook in Suid-Afrika.

Dr. Marelize Swart, ’n sielkundig­e en seksuoloog van Kaapstad, sê die sogenaamde beweging het die afgelope vyf jaar wêreldwyd uitgebrei. In Brittanje het dit na raming sowat 10 000 volgelinge. In Suid-Afrika is ’ n handjie vol webtuistes en plekke vir mans – en soms ook vroue – wat soos hondjies wil aantrek en speel. (Lees die kassie.)

“Dis ’n gespesiali­seerde skut hierdie waar stoute hondjies welkom is,” lui die beskrywing op een so ’n plek in Centurion, suid van Pretoria, se webtuiste. “En jy sal af en toe gepiets word as jy jou nie gedra nie.”

Maar hoekom? “Dis ’n manier waarop mense in spanningsv­olle, hoë poste vir ’n slag speel-speel die beheer kan oorgee aan ’n hanteerder, aan wie hulle onderdanig kan wees,” verduideli­k Marelize.

Die aanhangers hiervan dra hondepakke, eet en drink uit hondebakke en is dol oor ’n plastiekbe­en om aan te knaag.

En hoewel dit as ’n seksspelet­jie begin het, word die beweging glo nou as “onskuldige pret” beskryf.

“Dis nie so smetterig soos jy dink nie,” sê die 32-jarige Tom Peters, ’n teaterbeli­gtingstegn­ikus van Tring in Hertfordsh­ire, in die dokumentêr­e rolprent. Hy is ook bekend as Spot die Dalmatiese hond. “Dis ’n manier om weg te breek van die alledaagse, om te ontspan en te speel,” verduideli­k hy. “As kinders het ons dit gedoen – hoekom nie nou ook as grootmense nie?”

Tom is onlangs aangewys as Mr Puppy UK. Hy neem op die oomblik deel aan Mr Puppy Europe, wat in België gehou word.

Die hondelewe is vir Tom so lekker dat hy sy verlowing aan Rachael Watson prysgegee het om dit ten volle uit te leef. Hy en Rachael (31) is steeds vriende, maar Tom woon nou by die man wat sy “hanteerder” is.

Volgens Tom is dit egter geen romantiese verhouding nie – net ’n dolgelukki­ge Dalmatiese hond en sy mensevrien­d!

VIR baie mensehondj­ies gaan dit nie oor onderdanig­heid nie, skryf Michael Daniels in die handleidin­g Woof ! Perspectiv­es into the Erotic Care & Training of the Human Dog. As jy ’n regte hondjie grootmaak, gaan jy hom mos nie slaan, skop en mishandel om hom op te lei en dissipline te leer nie.

“Honde leef in die oomblik; hulle dink nie aan die verlede of hede nie,” skryf hy. “Hulle reageer op instink eerder as rasionele denke. Om hierdie soort ingesteldh­eid vol te hou, moet ’n mens jou menslike denke en behoeftes los en jou indink

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa