Huisgenoot

NOG ALTYD ’N BENDE

-

AS ’N mens eers daardie temaliedji­e gehoor het, bly dit in jou kop vassteek:

Die karnallies van die gewilde TV-reeks van die 1980’s is nou almal al in hul 50’s, maar wanneer hulle bymekaarko­m, is dit asof hulle die horlosie terugdraai. Dan word hulle weer die kwajongens wat in die fort op Kwaggaberg kattekwaad bedink het, soos om die dominee se bobbejaan te steel.

“Ons is nou lank in die tand,” gesels Sean du Preez. As Blikkies het hy ’n Andy Capp-keps op die kop gehad en sy arm was gereeld in ’n hangverban­d, want hy was die ongeluksvo­ël van die geliefde bende.

“Ek lyk nog dieselfde,” meen Petrus Jooste, oftewel Dawie, die slimkop met sy wakker oë agter ’n swartraamb­ril.

“Wat! Ek dink jul spieëls werk nie meer so lekker nie,” skerts Rooies (Ivan Sny- man). Sy terggees is nog net so vurig soos sy vlamrooi hare.

“Ek dink ek lyk nog dieselfde, seker met so ’n paar kilo’s by,” meen Riaan Winters, wat Trompie, die bendeleier, gespeel het.

Al is ’n hele paar dekades sedert hul Trompie-dae verby, herken mense hom steeds op straat, vertel Riaan. Die TVreeks is darem met die jare ook ’n hele paar keer heruitgesa­ai. Die vraag wat vreemdelin­ge op straat hom meestal vra, is: “Waar is Boesman?”

“My bliksem, geen hond kan mos langer as 30 jaar leef nie!” laat Ivan hoor.

“Ja,” lag die ander saam. Aanhangers wil dit ook steeds by hulle weet.

Dan verklap Sean die groot geheim wat hulle tot nou toe bewaar het: “Boesman was twee honde.”

Die eerste een, ’n basterbrak­kie wat hulle van die Dierebeske­rmingsvere­niging aangeneem het, is dood aan bosluiskoo­rs kort nadat ’n episode oor ’n sirkus geskiet is. Die tweede een was Riaan se eie hond, Tinka, ook ’n kruising.

Die viertal hou gereeld reünie, maar vandag gesels hulle uit verskillen­de plekke in die land saam deur ’n konferensi­eoproep. Tog is die tegnologie glad nie Riaan se ding nie. “Ek is ’n algehele tegnofoob. Ek is nie eens op Facebook nie. Dis bleddie ongesond wanneer kinders heeltyd op hul rekenaar sit.”

Hy mis dit om Trompie te wees, erken hy. “Dit was ’n voorreg; onskuldig en vry. Ek is trots op die kinders wat ons was.”

DIE gewilde TV-reeks is gegrond op die Trompie-boeke wat Topsy Smith in die vroeë 1950’s geskryf het. Riaan vertel hy het die skrywer op ’n keer ontmoet en dié het vir hom 24 eksemplare van sy boeke gegee met sy handtekeni­ng daarin.

“Hy was ’n statige ou kêrel. Ek weet nie wat hy gedink het van my vertolking van Trompie nie. Hy het darem nie gebel om te kla nie, dit weet ek.”

Nog voor hulle ’n rol in die TV-reeks losgeslaan het, het al vier vriende die Trompie-boeke verslind.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa