Huisgenoot

WAT BEHELS DIE SIEKTE?

-

hou haar kamer donker.

Die sesjarige het self vinnig besef sy is veel sensitiewe­r as wat hulle ooit vermoed het en dat sy vir lig van allerlei bronne versigtig moet wees. “Van kleins af het sy byvoorbeel­d geleer om haar iPad-skerm se helderheid laag te stel,” sê Jeanel.

Die hele gesin het aangepas deur lekker dinge binnenshui­s te doen, soos bordspelet­jies speel.

“Dit breek my hart om haar heeltyd binne te hou. Simptome kan ook ontwikkel van lig wat deur vensters kom, selfs lig wat deur sneeu, sand, water en wolke weerkaats word.”

Hulle kan nêrens gaan sonder om Megan se toestand in ag te neem nie. Voorheen het haar ouers byvoorbeel­d nie besef watter skade lig deur die motorvenst­er kan aanrig wanneer hulle langpad ry nie, maar wanneer hulle deesdae iewers heen ry, word komberse oor die motorvenst­ers geplaas.

Ná ’n onlangse insetsel op die kykNETprog­ram Kwêla het vyf ander lyers met Jeanel kontak gemaak. Voor die uitsending het sy van slegs vier ander geweet. Jeanel het dus ’n Facebook-blad, EPP South Africa, vir plaaslike mense met dié toestand geskep.

Sy doen ook heelwat navorsing oor moontlike nuwe behandelin­gs wat haar dogter dalk eendag in staat sou kon stel om ’n normale lewe te lei.

So is die Amerikaans­e Kos- en Medisynead­ministrasi­e, ’n liggaam wat medisyne in Amerika reguleer, besig om behandelin­g vir eritropoië­tiese protoporfi­rie goed te keur. “Maar die proses duur lank omdat dié soort porfirie so skaars is.”

Op die oomblik word navorsing deur ’n Australies­e maatskappy gedoen oor ’n inplanting wat lyers elke twee maande kan kry, vertel Jeanel. Dit sal hulle in staat stel om in die son te kom. Maar dié inplanting kos $8 000 (sowat R124 000) per keer.

“’n Europese medisyneag­entskap het dit goedgekeur, maar die mediese fondse betaal nie daarvoor nie. As dit goedgekeur word, sal lyers die inplanting op 18-jarige ouderdom kan ontvang.

“Dan kan hulle ten minste normaal buite leef. Dit is hoekom ek nou wil help dat dit eindelik na Suid-Afrika kom.”

Nog iets waaroor Jeanel heelwat navorsing doen, is die emosionele tol wat die toestand van kinders soos Megan eis.

“Op YouTube-video’s praat ander lyers oor depressie, afknouery en om op die kantlyn te leef. Dit breek jou hart. Jy sien hierdie mense in swart klere, in donker kamers,” sê Jeanel.

Dit het haar meer vasbeslote gemaak om vir Megan die normaalste lewe denkbaar te gee.

“Ons het haar al vir ’ n emosionele assesserin­g gestuur en sy is oukei.”

Volgende jaar gaan Megan skool toe. “Sy sal nie liggaamlik­e oefening buite kan doen of in die son swem nie, so sy sal in daardie periodes in die biblioteek moet sit. Maar ek het besluit om dit in iets positiefs te omskep.

“Dalk sal ek vir haar ’n privaat onderwyser kry om vir haar Duits te leer.”

Jeanel speel oop kaarte met haar dogter. “Ek verduideli­k vir haar almal het ietsie – sy mag nie in die son kom nie en ’n ander maatjie mag nie lekkergoed eet nie. In die onlangse Cinderella-fliek sê die vrou vir haar kind: ‘Be kind and have courage,’ en dit is wat ek haar leer. Dit is my en haar motto.”

 ??  ?? LINKS:LIN Wanneer Megan buite is, dra sy beskermend­e klere, ’n hoed en sonblok. LINKS BO: Haar ou ouers het toestelle waarmee hulle die sterkte van die ligstrale meet. BO: Gepantser teen die son. ’n Gesonde mens skei gifstowwe deur die lewer en niere...
LINKS:LIN Wanneer Megan buite is, dra sy beskermend­e klere, ’n hoed en sonblok. LINKS BO: Haar ou ouers het toestelle waarmee hulle die sterkte van die ligstrale meet. BO: Gepantser teen die son. ’n Gesonde mens skei gifstowwe deur die lewer en niere...
 ??  ?? Megan, haar ouers, Jeanel en Tienie, en boetie, Liam, het binnenshui­s baie pret. Die speletjie Rummikub is een van hul tydverdryw­e. “Liam kyk mooi na sy sussie,” sê Tienie.
Megan, haar ouers, Jeanel en Tienie, en boetie, Liam, het binnenshui­s baie pret. Die speletjie Rummikub is een van hul tydverdryw­e. “Liam kyk mooi na sy sussie,” sê Tienie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa