Huisgenoot

WONDERS NÁ SLEEPHEL

-

DIT was die volmaakte kampeernaw­eek. Almal het heerlik saam om die vuur gekuier, gaan stap en selfs ’n boomhuis langs die Breërivier by Rawsonvill­e gebou. Toe die pragtige lenteSonda­g einde se kant toe staan, vra Soozi Dinnie (51) se vriendin haar om met haar twee kinders te gesels; Soozi is al ’n meer ervare ouer en die vriendin vertel sy sukkel ’n bietjie met die kinders. Die res slaan tent af en pak op.

Die blonde vrou staan in die middel van die kampeerter­rein met die kinders by haar. Sy bid saam met hulle terwyl sy haar arms beskermend om hulle vou.

Teen ’n helling nie te ver van daar af nie sukkel een van die mans, Francois Smuts (37), om sy bakkie uit die sand te kry. Skielik, uit die niet, pyl die voertuig op die niksvermoe­dende groepie af.

Dit tref Soozi teen haar rug en die impak laat die twee kinders weerskante toe vlieg. Maar die mooi vrou met die gul glimlag word onder die bakkie ingesleep. Dis asof alles vir haar in stadige aksie gebeur. Daar is nie pyn nie. Sy hoor bene kraak.

Die ma van die kinders sien hoe Soozi meters ver onder die bakkie saamgeslee­p word. Sy gil vir die bestuurder; hy kom tot stilstand, maar ry dan onwetend ’n tweede keer oor die vrou.

Daar onder die bakkie sien Soozi ’n wit lig, maar wonderwerk­e gebeur steeds: Dis nie die einde vir haar nie.

“Eindelik het alles tot stilstand gekom,” vertel die gewese verpleegst­er en mediese verteenwoo­rdiger. “My kop was tussen die wiel en die wielholte en my liggaam onder die ander wiel. Ek was . . .’ ” Sy het nie meer woorde nie, maar dis duidelik: Op daardie oomblik was bitter min oor van die lewenslust­ige ma van twee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa