Huisgenoot

‘ENKELING’ ONDER ’N DONKER WOLK

Nadat Henri van Breda hom oorgegee het vir die moord op van sy gesinslede, vertel ’n vriendin van sy ma hy was altyd eenkant

- Deur VERSLAGSPA­N

KYK ’n mens na ou foto’s van die Van Breda’s, sien jy ’n oënskynlik gelukkige en gewone Afrikaanse gesin. Ouboet Rudi glimlag breed met ’n strandhand­doek oor sy skouers. Kleinsus Marli loer skamerig vir die kamera. Ma Teresa straal van trots langs haar kroos. Pa Martin sit breëbors en beskermend.

Maar kyk ’n bietjie nader na die foto’s, sê ’n vriendin van Teresa, een wat die afgelope paar maande vir haar eie troos ’n album van haar vriendin se gesinsfoto’s gemaak het. Daar is ook ’n vyfde lid van die gesin – die middelkind, Henri – en hy pas nie heeltemal so lekker soos die res in nie. “Op die een foto is Henri so ses of sewe jaar oud. Al die kinders sit saam op ’n bank om televisie te kyk, maar Henri sit eenkant. Hy is beslis ’n bietjie van ’n enkeling.”

Dié enkeling bevind hom vandag meer alleen as ooit vantevore. Hy staan op die drumpel van ’n pynvolle alleenpad deur die howe nadat hy hom aan die polisie oorgegee het as hoofverdag­te vir die moord in Januarie verlede jaar op sy ouers en broer en poging tot moord op sy sussie. Teen Huisgenoot se druktyd sou Henri die volgende dag in die hof voorkom om te pleit.

Meteens voel die wêreld vry om keel skoon te maak oor dié stil jong man, soos Teresa se vriendin, wat Huisgenoot uit Pretoria vertel sy het die hele tyd gedink Henri sit agter die moorde.

DIE vrae oor die Van Bredamoord­e wil net nie gaan lê nie. Selfs al is daar nou ’n verdagte, draal talle selfs tergender raaisels, soos hoe ’n skamerige, glimlaggen­de kind ontaard het in die strak, emosielose hoof- verdagte in ’n onbeskryfl­ik bloedige misdaad.

In teenstelli­ng met die mense wat nou beweer hulle het Henri lankal wantrou, het ander die afgelope jaar vertel hy was ’n “lieflingse­un” – in die woorde van Narita du Toit, Henri se tannie aan moederskan­t – een wat tipies van ’n middelkind stillerig was, maar nogtans uitgeblink het (Sterker ná die bylmoorde, 27 Augustus 2015).

Sy blonde gelaat was goedig aantreklik en hy was bowenal skrander. ’n Vriend, Alex Boshoff, het Henri kort ná die moorde as “geniaal slim” beskryf (Tragedie van ’n mooi, slim gesin, 12 Februarie 2015). Hy en Rudi het altyd oor wiskundige formules en dies meer gepraat; op skool het hulle albei ’n gemiddeld van in die 90 persent gehad, het Alex gesê.

Henri was nog op skool toe die Van Breda-gesin agt jare gelede na Australië verhuis. Ná skool het hy aan ’n Austra-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa