Huisgenoot

DIE AAND TOE HENRI MY PAD KRUIS

-

Waar in die wêreld bevind Henri van Breda hom? En waarmee hou hy hom besig? So het dit maande lank gegons voor Huisgenoot in April onthul het die middelkind van die Van Breda-gesin het as ’n sjefstuden­t by ’n kookskool in ’n Kaapse voorstad met ’n nuwe hoofstuk begin (Henri se nuwe lewe by ’n sjefskool, 14 April).

Ons het weke aaneen na die enigmaties­e Henri gesoek. En ná baie oproepe en soektogte verklap ’n bron toe dat hy nou ’n sjefstuden­t is. Op Huisgenoot se foto’s waar hy buite die klas staan en rook, lyk hy soos enige ander jong man wat met sy klasmaats geselsies en grappies maak.

Dit was waarskynli­k een van die vreemdste dinge wat nog met my gebeur het, maar daardie selfde Vrydag waarop Huisgenoot landwyd verskyn het met eksklusiew­e foto’s van Henri, bevind ons onsself op presies dieselfde oomblik in Breestraat, Kaapstad.

Ek wonder of ek hom sou herken as ek nie ’n week lank so intens gewerk het met die foto’s waarop hy gekiek is nie. Net so opspraakwe­kkend soos die driedubbel­e moord is waarin sy ouers en broer – Martin, Teresa en Rudi – vermoor en sy suster, Marli, ernstig beseer is, so gewoon lyk Henri op ’n Vrydagaand – soos enige jong mens wat ná werk een van die vele watergate in Breestraat vir drankies besoek.

Ek kon my oë nie glo nie toe hy neffens ons tafel verbyskuur en na ’n boom verder af in die straat stap. Hy is lank en aantreklik kan hulle hom nie afskryf nie. My hart breek vir almal.”

Belinda vertel ’n mens voel hulpeloos as jou familie deur so ’n drama gaan. “’n Mens word meegesleur. Jy kan niks doen nie. Soos die Engelse sê:

“Wanneer dit gebeur, besef jy nie wat aangaan nie. Al het ons geweet . . . Jy wil dit nie glo nie.”

TEEN Huisgenoot se druktyd het die polisie bevestig Henri gaan ná ’n intensiewe, maande lange ondersoek in die hof voorkom. “Dit is verskrikli­k,” is al wat Marianna Smith, die veroordeel­de moordenaar Don Steenkamp se tante, aan Huisgenoot wou sê oor die gevoelens wat ’n familie ervaar. “Dit is ook baie emosioneel, maar dis privaat en elke saak het sy eie meriete.”

Don (toe 15), het op Goeie Vrydag 6 April 2012 sy ouers, Deon (44) en Christel (43), en suster, Marthella (14), koelbloedi­g op Naauwhoek, hul plaas naby Deur Griekwasta­d in die Noord-Kaap doodgeskie­t.

Hy is twee jaar later op drie aanklagte van moord en ook aan Marthella se verkragtin­g en regsveryde­ling skuldig bevind en effektief 20 jaar tronkstraf opgelê.

Martie Massyn, Christel se ma, sê haar geloof het haar baie gehelp. “Die Here het dit vir my makliker gemaak om te hanteer. As ek die Van Breda’s raad kan gee, sou ek hulle vra dat daar geen bitterheid of selfverwyt moet wees nie. God alleen kan jou daarmee help.”

Bennie Heckroodt, Don se voog en die een wat hom dwarsdeur die hofsaak bygestaan het, het by navraag gesê as hy Henri enigiets toewens, sal dit wees dat hy ’n beter hofsaak en behandelin­g kry.

Bennie meen almal het uit die staanspoor besluit Don is skuldig. Hulle beoog steeds om Don se skuldigbev­inding en vonnis op appèl te betwis.

Hy vertel toe Don die dag vier maande ná sy gesin se skietdood in hegtenis geneem word by sy skool, die vooraansta­ande Grey-kollege in Bloemfonte­in, was hy nie werklik geskok nie.

“Ek dink ons almal het dit sien kom; dit is al waaroor mense en die media gegis het. Ek dink as enigiets vir ons erg was, was dit die dag dat die moorde plaasgevin­d het.”

Bennie hoop die polisie het iets geleer uit die ondersoek na die Steenkampm­oorde, wat volgens hom gans te “vinnig” afgehandel is. “Dit is dalk hoekom hulle in dié geval hul tyd gevat het,” is symening.

’n Kenner bevestig dit het ’n enorme uitwerking op ’ n familie as ’ n naasbestaa­nde van die moord op ’n ander familielid aangekla word.

“Dit ruk die hele familie,” sê prof. Anni Hesselink, ’n kriminoloo­g van Unisa. As die beskuldigd­e boonop jonk is, kan die familie hom dikwels nog as onskuldig en selfs goedhartig beskou. Dit maak dit selfs moeiliker om te aanvaar hy is dalk skuldig aan moord.

 ??  ?? ALMARI WESSELS met sy krullerige, ligbruin hare en blou oë en veel maerder as op foto’s. Aanvanklik het Sondagkoer­ante berig hy was glo met dwelms deurmekaar, maar ek eien niks daarvan in die selfversek­erde, wel geklede jong man nie.
Hy haal sy...
ALMARI WESSELS met sy krullerige, ligbruin hare en blou oë en veel maerder as op foto’s. Aanvanklik het Sondagkoer­ante berig hy was glo met dwelms deurmekaar, maar ek eien niks daarvan in die selfversek­erde, wel geklede jong man nie. Hy haal sy...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa