Huisgenoot

OSCAR SE BLONDE ROTS

Die lemnaeler en sy ou liefde Jenna Edkins, wat hom nou weer in die hof bygestaan het, is glo weer onafskeidb­aar

- Deur MARELIZE POTGIETER en HILDA VAN DYK

SEWE jaar gelede het sy by sy hospitaalb­ed gewaak nadat hy ernstig beseer is in ’n bootongelu­k. Nou, in die donkerste uur van sy lewe, is Jenna Edkins nogmaals aan Oscar Pistorius se sy. Die lemnaeler en sy ou liefde, die meisie wat destyds ses dae by sy siekbed gewaak het, is deesdae weer onafskeidb­aar, vertel ’n vriend na aan die twee.

Jenna was ook pas by die hooggeregs­hof toe Oscar vir vonnisverr­igtinge moes aanmeld nadat die appèlhof einde verlede jaar die bevinding in sy strafsaak verander het van strafbare manslag tot moord.

Dit was juis kort nadat regter Thokozile Masipa hom twee jaar gelede aanvanklik aan strafbare manslag skuldig bevind het dat Jenna en Oscar se verhouding opslae gemaak het.

Oscar het ure voor hy sy modelmeisi­e, Reeva Steenkamp, op daardie noodlottig­e Valentynsd­ag in 2013 doodgeskie­t het, nege minute lank met sy ou liefde, Jenna, oor die telefoon gesels, het dit destyds aan die lig gekom. Haar nommer was glo onder die skuilnaam “Babyshoes” op sy selfoon gebêre.

Oscar en Jenna was met tussenpose­s vyf jaar lank ’n paartjie, en die band tussen hulle was nog altyd baie sterk. Jenna was een van die eerste mense wat kort ná die skietvoorv­al haar onvoorwaar­delike steun aan Oscar verklaar het. ’n Dag ná Reeva se dood het Jenna getwiet: “Ek wil net graag dit sê: Ek het vyf jaar lankank aan en af met Oscar uitgegaan en hy het NOOIT ’n vinger teen my gelig of my laat vrees vir my lewe nie.”

So sterk was dié band dat dit sy eksmeimeis­ie Samantha Taylor, wat in 2014 teeneen hom in die uitgerekte moordverho­orr getuig het, “ongemaklik” laat voel het. Dit het Samantha onthul in die boek Oscar: car:

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa