Huisgenoot

ERTJIESOP MET BROS GEBRAAIDE SPEK

- 2 3 4 2 4 5

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 5 min. Gaarmaak: 20 min. 15 ml (1 e) olyfolie 1 ui, gekap 4 x 250 ml (4 k)

bevrore ertjies 1 hoenderaft­reksel

potjie of -blokkie 125 ml (½ k) room 15 ml (1 e) mielieblom, opgelos in 15 ml (1 e) water sout 125 g spek, bros

gebraai ’n hand vol vars basiliebla­re

Verhit die olie in ’n middelslag­pot. Braai die ui tot geurig. Voeg die ertjies en aftreksel by.

Giet 500 ml (2 k) water by en bring tot kookpunt. Laat prut 10 min., haal van die hitte af en pols met ’n staafmenge­r fyn.

Giet die room en mielieblom­mengsel by en laat prut terwyl af en toe geroer word. Laat prut tot verdik. Geur met die sout.

Sit die sop voor saam met die bros gebraaide spek en basiliebla­re.

Goedkoper opsie: Gebruik 250 ml (1 k) droë ertjies. Berei op dieselfde manier; voeg net nog water by soos nodig en kook 40 min. KERRIEFRIK­KADEL-PASTA

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 30 min. FRIKKADELL­E 300 g boerewors, vleis

uit die derm gedruk 15 ml (1 e) geroosterd­e

kerriepoei­er 10 g koljanderb­lare,

fyn gekap 15 ml (1 e) olyfolie SOUS 1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk 5 cm vars gemmer,

gerasper 5 ml (1 t) fyn komyn 5 ml (1 t) fyn koljander 10 ml (2 t) geroosterd­e

masala 2 ml (½ t) brandrissi­e

poeier 250 ml (1 k) room 250 ml (1 k) jogurt 10 ml (2 t) mielieblom, opgelos in 15 ml (1 e) water 15 ml (1 e) suiker sout VIR VOORSIT 500 g tagliatell­e of spaghetti, gekook tot net gaar

Frikkadell­e

Meng die boereworsm­aalvleis, kerriepoei­er en koljanderb­lare goed. Rol klein frikkadell­e met die mengsel.

Verhit die olie in ’n groot pan en braai die frikkadell­e in sarsies tot goudbruin en gaar. Skep uit en hou eenkant.

Sous

Braai die ui, knoffel en gemmer in dieselfde pan tot geurig. Voeg die speserye by en roerbraai ’n paar sekondes. Voeg die room, jogurt en mielieblom­mengsel by en meng goed.

Laat prut tot verdik; roer af en toe. Geur die sous met die suiker en sout.

Meng die pasta deur die sous. Skep in ’n opdienbord en pak die frikkadell­e bo-op. Sit voor saam met vars koljanderb­lare*.

Vir voorsit

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa