Huisgenoot

GEBAKTE SITRUSGEGE­URDE RISOTTO MET KOEJAWELCO­MPOTE

- 1 2 3 4 5 1 3 4 5 6

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 22 cm-pasteibak.

Sif die meel en sout saam en vryf die botter in tot dit soos broodkrumm­els lyk. Voeg die oorblywend­e bestanddel­e by en meng goed tot ’n sagte deegbal vorm. Bedek met kleefplast­iek en plaas vir 2 uur in die yskas. Rol 1 mm dik uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en plaas in die pasteibak. Bedek deeg met bakpapier, sit droëboontj­ies in en bak vir 15 min. Laat afkoel.

Klits die suiker, drank (indien gebruik), koffie en eiers saam. Voeg die botter en geursel by en meng goed.

Meng die meel, dadels en okkerneute.

Giet die eiermengse­l by die dadelmengs­el en roer goed.

Verwyder papier en bone en skep die mengsel in die kors. Bak 25 min. Sit voor saam met die vla.

Kors Vulsel

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 20 min. Gaarmaak: 60 min. 500 ml (2 k) melk 4 lemoengeur

rooibostee­sakkies skil van 2 lemoene 45 ml (3 e) suiker 125 g risottorys 2 eiers, geskei ’n knippie sout 100 ml strooisuik­er 30 g botter, sag gemaak COMPOTE 3-4 koejawels, geskil

en grof gekap 30 ml (2 e) suiker sap van 2 lemoene 125 ml (½ k) water Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ses klein ramekins.

Bring die melk en teesakkies in ’n middelslag­kastrol tot prutpunt. Voeg die skil en suiker by en bring tot kookpunt. Verwyder die sakkies.

Voeg die risottorys by, sit die deksel op en laat 30 min. prut. Roer gereeld om te keer dat die rys aan die bodem vassit. Laat afkoel.

Klop die eierwitte en sout met ’n elektriese klitser in ’n skoon bak tot stywe punte vorm. Strooi 50 ml strooisuik­er by die eierwit en klop nog 1 min.

Klits die botter, res van die strooisuik­er en die eiergele sowat 3-5 min. in ’n aparte bak tot dik en romerig. Meng in by die rysmengsel.

Vou die eierwitte by die mengsel in. Skep in die ramekins. Bak 20-25 min.

Compote

Plaas al die bestanddel­e in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Verminder die hitte en laat prut tot sag en tot die vloeistof ’n stroop vorm. Druk die koejawels fyn. Sit voor saam met die warm poeding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa