Huisgenoot

KIND BLY STEEL

-

Ek het drie kinders uit my eerste huwelik. Ek het my tweede man ontmoet toe my meisiekind amper twee was. Hy maak haar (nou 12) groot.

Sy weet nie sy en haar broers het dieselfde pa nie. Haar eie pa maak nie kontak met haar nie. My oudste seun (22) woon by my en die jongste (16) by sy pa.

Ek en my tweede man is vanjaar sewe jaar getroud en 10 jaar saam. Ons het ’n dogter (7) saam. My oudste meisiekind het sowat ’n jaar gelede begin steel. Dis meestal geld, nie net by die huis nie, maar ook by vriende en die skool.

Ons het al mooigepraa­t en gestraf. Niks help nie. Vra jy hoekom sy steel, antwoord sy nie. Die skool het al iemand gekry om met haar te werk, maar sy wil nie oopmaak nie. Help, asseblief.

Mislukte Moeder

Daar kan verskeie redes wees waarom sy niemand kan of wil vertel nie, soos dat dit soms vir haar lekker is om iets verkeerds te doen. Daar kan ook oorsake wees soos groepsdruk, maar dit is beslis ’n hulpkreet.

Jy moet aanhoudend uitstippel steel is onwettig. Dit kan haar in die moeilikhei­d laat beland; iemand kan haar aankla by die polisie.

Dis belangrik dat jy en dié om haar geen klein oortreding­s begaan nie. Oneerlikhe­id soos spoedkaart­jies ignoreer en witleuens kan haar in haar kwaad sterk. Jou voorbeeld is belangrik.

Selfonders­oek oor hoekom jy nie oop kaarte met haar oor haar pa speel nie, is belangrik. Sy kan ’n vermoede hê en weet nie hoe om die waarheid uit te vind nie. Dit kan ’n rede wees.

Kinders weet watter geskenke ander kinders in die familie kry en ook die geldwaarde daarvan. As sy voel daar is ’n groot verskil in geskenke, liefde of aandag, gaan sy wil “opmaak” wat sy dink julle haar skuld. Enige aandag, al is dit negatief, is vir haar ’n verontskul­diging.

Moenie op haar vrees- of skuldgevoe­lens speel nie. Hou haar verantwoor­delik vir haar optrede. Wat sy steel, moet sy erken en self teruggee. Sy moet die gevolge van haar dade dra. Selfteleur­stelling hoef nie jou lewe te regeer nie; ook nie ontnugteri­ng oor ander nie. Soms gee ’n mens jouself valse hoop om te dink iets kan steeds reggemaak word. Maar verhouding­s verbeter nie tensy mense verander nie.

Jy het verstaanba­ar baie opgekropte woede in jou. Jare van vernederin­g lê agter jou. ’n Gebrek aan respek kenmerk als wat jy opnoem. Moenie dit langer toelaat nie. Dit is tyd om keuses te maak.

Wanneer vertroue so geskend is, is dit tyd om aan te gaan met jou lewe. Aanpassing­s gaan twee jaar lank baie emosionele energie verg, maar liewer pyn op kort termyn as wanhoop op lang termyn. Jy kan nie toelaat dat dié vrou jou so afknou nie. Dis jou huis; jy het daarvoor betaal. As dit vir haar net om die geld gaan, kyk goed na jul huweliksko­ntrak en win regsadvies in oor watter voorwaarde­s julle by die egskeiding­sbevel kan inwerk. Begin deur jou lewe en jou huis terug te neem deur die regte kanale te gebruik.

Jammerlief­de is van die skerpste tweesnyden­de swaarde waarmee ’n mens jouself leed kan aandoen. Jy wil help omdat jy so grootgemaa­k en bloot ’n ordentlike mens is. As jy dit nie doen nie, kla jou gewete jou aan. Maar mense maak maklik misbruik van so ’n karaktertr­ek. Jy gaan nou eers vir jouself moet sorg, want jy is in ’n moeilike lewensfase en kan nie weer bates opbou nie.

Om so ’n kringloop te verbreek, moet jy sterk wees. Gebruik die steun wat jou kinders jou wil bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa