Huisgenoot

NUWE DVD’S

- R145*. Brie Larson) Jacob Tremblay) 2015. 85 min. 13DT. Romantiese komedie. 99 min. 7-9OT. R189*. Komedie. R45*.

ROOM

2015. 113 min. 13G. Drama. Een van die ontstellen­dste aspekte van dié verpletter­ende, opbeurende fliek, wat vir vier Oscars benoem is, is dat die situasie nie meer so ondenkbaar is nie. Oor die afgelope paar jaar het soveel sulke gevalle aan die lig gekom dat die idee van ’n vrou wat sewe jaar lank in ’n skuur agter ’n voorstedel­ike huis in Amerika aangehou word heel geloofwaar­dig vir ’n drama is, nie ’n gruwelpren­t nie.

Ma ( probeer Jack ( se vyfde verjaardag spesiaal maak, al woon hulle in ’n klein ruimte genaamd Room. Dis sy hele wêreld en danksy ma is hy meestal gesond en gelukkig, behalwe wanneer Old Nick (Sean Bridgers) kom kuier en Jack in Wardrobe slaap. Ma beplan hul ontsnappin­g, maar kan hulle aanpas by die buitewêrel­d?

’n Minder sensitiewe regisseur sou die kyker dalk wou skok deur die gebeure sensasione­el uit te beeld, maar Lenny Abrahamson vertel die storie uit Jack se onskuldige oogpunt. Sy ma beskerm hom soveel sy kan, maar die besonderhe­de van hul lewe maak hul situasie nog meer hartverske­urend om te kyk. As dit nie in die lokprent duidelik was hulle ontsnap nie, sou die fliek dalk te veel gewees het om te verduur.

Larson se natuurlike spel het haar ’n welverdien­de Oscar besorg, maar sou nie naastenby so aangrypend gewees het as dit nie vir die sewejarige Tremblay se genuanseer­de spel was nie. Sy uiters geloofwaar­dige uitbeeldin­g sal maak dat jy weer die wêreld deur ’n kind se oë beskou. – SANDRA VISSER * DVD’S is teen dié pryse beskikbaar by takealot.com.

RACING EXTINCTION

2015. 88 min. 7-9O. Dokumentêr. Dié fliek deur die Oscar-bekroonde regisseur Louie Psihoyos kyk na die mens se impak op die agteruitga­ng van ons oseane, die gevaar wat dit inhou en wat ons as individue kan doen om ’n moontlike massauitwi­ssing te help verhoed. Deur te fokus op ’n klein groepie geesdrifti­ge, kundige mense kry die dokkie dit reg om intiem en insiggewen­d te wees sonder om jou te laat voel jy is aan die verkeerde kant van ’n preek. Dit roer belangrike kwessies soos oseaanvers­uring aan terwyl dit jou ook die wonder van die natuur wys en jou genoeg laat omgee om deel van die oplossing te wil wees. – BIANCA LAMBRECHTS

MAN UP

Weens ’n misverstan­d neem Jack (Simon Pegg) aan die wanaangepa­ste Nancy (Lake Bell) is Jessica, die meisie met wie hy ’n toe-oë-afspraak het. Hulle kuier ’n hond uit ’n bos, maar die fantasties­e aand ontspoor toe die waarheid uitkom. Wie gaan Jack kies? Man Up is ’n vermaaklik­e, eerlike, lighartige romantiese komedie wat wys soms moet ’n mens mannemoed aan die dag lê om te kry wat jy wil hê. Boonop is Pegg en Bell ’n puik rolprentpa­artjie. Kyk gerus. – MARIANA LOOTS

LAND OF MILK AND MONEY

Drie Suid-Afrikaners – ’n swart man (Richard Lukunku), ’n Indiër (Sans Moonsamy) en ’n Jood (Francois Jacobs) – reis van 1914 af 100 jaar die toekoms in op soek na die legendarie­se Kruger-miljoene. Kykers kry deur hul oë ’n vars blik op die hedendaags­e Suid-Afrika en die politiek. Die kombinasie van sketskomed­ie en satire werk nie altyd nie en die lawwigheid en oordadige spel irriteer soms, maar dit word alles met prysenswaa­rdige geesdrif gedoen en die fliek doen meer dinge reg as verkeerd. Kyk dit as jy hou van parodieë. – WILLEM MÖLLER Pryse was korrek met druktyd en is onderworpe aan veranderin­g sonder vooraf kennisgewi­ng.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa