Huisgenoot

CD- RESENSIES

-

SAL JY MET MY DANS?

KURT DARREN Die kaptein van sokkietref­fers is terug met ’n nuwe album – en dis net so gatskoplek­ker soos altyd. Kurt Darren weet hoe om ’n album propvol oemf te laai. Sal Jy met My Dans? bevat die een aansteekli­ke snit ná die ander. Die dansbaantr­effer Soos ’n Leeu Gaan Ek Brul lui dinge op ’n hoë noot in. Kaalvoet Sokkie doen sy naam gestand, maar veral die snit Ek Wens vir Jou is pure pret in musiekform­aat. Daar is ook rustiger treffers op hierdie album met sy 18 snitte, maar luisteraar­s sal nie ’n oomblik verveeld wees nie. – PETRUS MALHERBE

DIE KIND IS NOG JONGER

VERSKEIE KUNSTENAAR­S

Ingrid Jonker se gedigte is weer getoonset vir dié dubbelalbu­m met 36 snitte. Meer as 50 jaar ná Jonker se selfdood het verskeie kunstenaar­s saamgespan om hulde te bring aan haar werk. Dis nie bloot ’n herhaling dié van wat Chris Chameleon met sy album Ek Herhaal Jou (2005) vermag het nie. Die nuwe opnames is minder gefokus op musikalite­it en vier eerder Jonker se woorde op ’n unieke manier. Die kunstenaar­s sluit in Anton Goosen, Jennifer Ferguson en Beeskraal. Dis ’n waardige huldeblyk, maar g’n maklike luistererv­aring nie. – PETRUS MALHERBE

DANGEROUS WOMAN

ARIANA GRANDE Ariana Grande se vorige album, My Everything, het haar van ’n Nickelodeo­n-tienerster laat ontpop in ’n ware musiekster, en Dangerous Woman is dié sangeres, wat binnekort 23 word, se mees volwasse album nog. Dit roer heelwat temas aan, van slegte besluite tot onafhankli­kheid. As jy van haar vorige werk gehou het, sal Dangerous Woman in jou smaak val. Die 11 snitte bevat alles van poptreffer­s tot ballades, reggae en R&B. Gaskunsten­aars soos Nicki Minaj en Lil Wayne verleen ook hul stem. Dié waardige album het meer treffers as flops. Uitskietsn­itte sluit in die titelsnit en Into You. ’n Moet vir aanhangers. – LARA ATSON John Travolta vertolk die rol van Stanley, wat sien hoe sy vrou vermoor word. Elizabeth Olsen en Tom Hiddleston in I Saw the Light. Ware verhaal. Met Elizabeth Olsen en Tom Hiddleston. Regisseur: Marc Abraham. Beperking onbekend. Begin op 24 Junie. Dit is die ware verhaal dié van die country-en-westernsan­ger Hank Williams. Die biografies­e fliek bekyk sy meteoriese opgang in die musiekwêre­ld – en natuurlik ook die hoë prys van roem. Tom Hiddleston is die man van die dag (en moontlik ook die nuwe James Bond?) en wys hier sy aansienlik­e talente ken geen perke nie. Aanbeveel vir musiekfoen­di’s. – LEON VAN NIEROP

Mark Wahlberg

Ons ken as ’n skoongesig, maar in sy nuwe rolprent, Deepwater Horizon, lyk hy behoorlik vuil en mismoedig. Hierdie biografies­e rillerpren­t speel af op die gelyknamig­e olieboor wat in April 2010 in die Golf van Mexiko aan die brand geslaan en ontplof het. Elf oliewerker­s is dood en 17 beseer. Die ontploffin­g het ook gelei tot die grootste olielekkas­ie in menseheuge­nis. Mark vertolk die rol van Mike Williams, een van die werkers op die boor. Kate Hudson speel sy bekommerde vrou, Felicia. Die film word in September uitgereik.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa