Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / I AM WRATH

-

Aksiedrama. Met John Travolta en Christophe­r Meloni. Regisseur: Chuck Russell. 16TG. Begin 24 Junie.

Waaroor gaan dit?

Stanley is ’n doodgewone man wat moet toekyk terwyl sy vrou vermoor word. Die moordonder­soek vorder nie en hy besef gou die polisie is nutteloos en net so korrup soos die skurke. Toe gebruik hy eie reg.

Wie sal hiervan hou?

Ons woon in ’n land waarin baie misdade ongestraf bly. Vir lesers wat sat is vir hierdie ondraaglik­e toedrag van sake, kan die rolprent seker ’n uitlaatkle­p wees, hoewel dit natuurlik verkeerd is om die reg te manipuleer om jou te pas. Die fliek sou egter doeltreffe­nder gewees het as die draaiboek stewiger was, die karakters oortuigend­er en sterker omlyn, en die regie stylvoller en verantwoor­delik – dink byvoorbeel­d aan die Taken-fliekreeks.

Maar in I Am Wrath word ’n stokou storielyn, so reg uit die Charles Bronson-era, opgewarm en opgedis. Daar is nie ’n enkele geweldclic­hé wat nie gebruik word nie. Boonop kan ’n mens duidelik sien John Travolta dra ’n pruik, wat jou aandag aflei. Die storie vol mankemente sleep deur talle onwaarskyn­likhede voort tot by sy bloedige slot. Omdat daar soveel sinlose geweld in ons samelewing is, wil ’n mens juis hê daar moet ware betekenis agter hierdie gewelddadi­ge beelde op die silwerdoek wees. Maar nes Nicolas Cage s’n, raak Travolta se naam deesdae ’n aanduiding dat jy ’n minderwaar­dige rolprent gaan sien wat jou óf gaan verveel óf so swak gemaak is dat dit jou koud laat. Jy is gewaarsku teen hierdie irriterend­e stuk geweld.

Kyk nou of wag vir DVD?

Dit is ’n DVD- special dié as jy al ooit een gesien het; jy kan immers in jou sitkamer met behulp van jou afstandbeh­eerder die vervelige dele oorslaan. Taken 1-3, Death Wish, The Punisher. Nicolas Cage was eers geoormerk vir die hoofrol, maar John Travolta het dit eindelik oorgeneem. – LEON VAN NIEROP

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa