Huisgenoot

Wat is die kans vir ’n aanval in ons land?

-

DIE een week nog hoor ons hoe Amerika, Australië en Brittanje hul burgers in Suid-Afrika waarsku om op hul hoede te wees vir terreura terreuraan­valle in winkels winkelsent­rums in Kaapstad en Johannesbu­rg. Net die volgende week sterf minstens 50 mense in die noodlottig­ste massaskiet­ery in Amerika se geskiedeni­s. Teen Huisgenoot se druktyd was die ware motief agter Omar Mateen se aanval nog onduidelik, maar hy het glo net voor die tyd trou beloof aan die leier van die terreurgro­ep die Islamities­e Staat (IS).

Hoe veilig is ons nog in Suid-Afrika teen die bloedstoll­ende wreedheid van die IS, ’n organisasi­e wat sy bose tentakels wêreldwyd gesprei het en niks en niemand ontsien nie?

Vanjaar se waarskuwin­g is spesifiek gemik o op Ramadaan, die heilige maand wat deur die Moslembevo­lking gevier word en tot 5 Julie duur. “Amerika wou sy burgers laat weet: ‘Ons het hierdie inligting gekry en dit lyk ernstig genoeg dat ons julle daarvan moet sê.’ ” Doen hulle dit nie, kan hulle hof toe gesleep word, sê Jakkie, wat tot einde verlede jaar uitvoerend­e direkteur van die ISS was en nou hoof is van die instituut se African Futures & Innovation-eenheid.

Dis natuurlik glad nie lekker vir die land wat die waarskuwin­g kry nie, want nie net maak dit allerhande vrese wakker nie; dit kan ook toeriste weghou. Suid-Afrika is gelukkig nie heeltemal so kwesbaar soos baie ander lande nie omdat ons nie soos Amerika, Brittanje en Frankryk besig is met aktiewe militêre optrede teen die IS nie.

Maar die IS mik ook na “sagte teikens”, soos die burgers van dié lande, waarsku Jakkie. “Hulle wil die boodskap uitstuur dat Amerikaner­s, byvoorbeel­d, nêrens ter wêreld veilig is nie. As daar ’n plek is waar die IS Amerikaner­s kan bykom, sal hulle dit doen. En daar is baie Amerikaans­e ondernemin­gs in Suid-Afrika.”

Hoe meer Westerse demokrasie­ë hul veiligheid­smaatreëls opskerp, hoe groter is die gevaar dat terroriste hulle na Westerse teikens in ander lande sal wend, sê dr. Frans Cronjé, hoof van die Suid-Afri- kaanse Instituut vir Rasseverho­udings. Dis daarby baie moeilik om aanvalle soos dié in Frankryk en België te keer, sê hy. “Dis daardie soort aanval, uitgevoer deur ’n klein groep ekstremist­e met eenvoudige wapens teen ’n prominente teiken, waarvoor ons ook kwesbaar is.”

’n Paar faktore maak die land kwesbaar vir aanvalle, sê Frans:

Suid-Afrika is taamlik naby aan OosAfrika, waar terreurgro­epe reeds vrees saai.

Ons lang, swak beheerde grense maak dit vir mense baie maklik om die land onwettig binne te kom en te verlaat. Onwettige wapens is maklik hier te kry. Terreurgro­epe kan ons gesofistik­eerde bankstelse­l misbruik om geld vir terreur te “was”, met ander woorde om geld onskuldig te laat lyk deur dit deur verskillen­de rekenings na en van terreurgro­epe te stuur.

Een rede waarom die departemen­t van binnelands­e sake strenger geword het oor reisdokume­nte, is juis om te keer dat terreurver­dagtes Suid-Afrikaanse paspoorte misbruik, sê Jakkie.

Baie ontnugterd­e, gefrustree­rde jong mense soek ’n doel en betekenis in hul lewe. ’n Skynbaar duidelike saak, soos dié van die IS, is vir sommige baie aanloklik. En die internet maak dit vir hulle maklik, want die IS en voornemend­e terroriste kan nou maklik in die kuberruim kommunikee­r en bande smee.

Die gevolg? Sowat 140 Suid-Afrikaners

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa