Huisgenoot

Wat is die kans vir ’n aanval soos dié in Orlando?

-

het na raming teen verlede jaar vir die IS geveg, sê Hussein Solomon, terreurken­ner en senior professor in politieke wetenskap aan die Universite­it van die Vrystaat.

As hulle sou terugkom, kan hulle hier geheime selle vir gewelddadi­ge ekstremist­e kom vestig, waarsku Hussein. Die IS het wêreldwyd meer as ’n dosyn geaffiliee­rde groepe en in tientalle lande geheime selle.

Daar was al heelparty voorbeelde van terreurver­dagtes met ’n Suid-Afrikaanse skakel. So het Samantha Lewthwaite, die sogenaamde Wit Weduwee wat drie jaar gelede met die aanval by Kenia se Westgate Mall verbind is, ’n Suid-Afrikaanse paspoort gehad (Geraamtes van die Wit Weduwee, 10 Oktober 2013).

Maar hoewel terreurgro­epe soos die IS, Al- Sjabaab en Al-Kaïda beslis in Suid-Afrika ondersteun­ers het, kon haar organisasi­e nie spesifieke inligting naspeur wat dui op ’n aanval hier tydens Ramadaan nie, sê Jasmine Opperman van die Terrorism Research and Analysis Consortium.

Ontleders meen Suid- Afrika word moontlik aanvalle gespaar omdat terreurgro­epe ons land liewer wil gebruik as ’n skuilplek waar hulle maklik reisdokume­nte kan kry en geldinsame­ling kan bevorder. Met Huisgenoot se druktyd het 50 mense gesterf en is 53 gewond in Mateen se skokkende aanval op 12 Junie op ’n gay klub in Orlando in die Amerikaans­e deels staat Florida. Dis ’n ope vraag of dit werkl lik ekstremism­e was wat hom aangevuur h het. Hy was blykbaar homofobies, maar d dan het hy glo ook net voor die aanval die n nooddiensn­ommer 911 gebel en aan die I IS-leier trou beloof. Amerika se Federale O Ondersoekb­uro het wel teen ons druktyd t terreur as ’n dryfveer ondersoek.

Die IS het hom boonop in ’n boodskap b beskryf as ’n “soldaat van die kalifaat”. D Die kalifaat is die gebiede wat die IS in S Sirië en Irak beset, maar ook sy droom van ’n wêreld onder Moslemleie­rskap.

Was Mateen dus ’n eenling ( ), iemand wat beïnvloed is deur ekstremist­iese propaganda op onder meer sosiale media en dan op sy eentjie aanvalle uitvoer sonder dat hy spesifiek opdrag gekry het van die terreurgro­ep wat hy bewonder?

’n Eenling is dikwels iemand wat homself geradikali­seer het, pleks dat hy spesifiek bande met ’n terreurgro­ep het, sê Jakkie. Ideologie en roemsug kan sy aanvalle inspireer, sê Hussein.

So iemand is ook soms geestelik ongesteld en kan ’n aanval selfs sonder duidelike motivering van stapel stuur, volgens Nick Piper, ontleder van die reisveilig­heidsfirma Signal Risk. Suid-Afrika is nie immuun teen so ’n aanval nie, meen hy. Dit is omdat ’n klompie geradikali­seerde mense inderdaad hier woon en omdat ’n eenling se motivering nie altyd rasioneel is nie.

Ons wapenwetge­wing is nie so toeskietli­k soos Amerika s’n of vuurwapens so verspot maklik verkrygbaa­r nie. Maar Suid-Afrikaners het steeds geredelik toegang tot vuurwapens, die “werktuie van eenlinge”, verneem ons by Martin Ewi, senior navorser oor terreur by die ISS. Boonop het ons ook ’n groot probleem met onwettige wapens; “daarom kan aanvalle deur eenlinge hier plaasvind. Dit is moontlik.

“Dis baie moeilik om iemand op te spoor wat op sy eie werk en planne smee,” sê Martin. ’n Mens kan nie sommer iemand se persoonlik­e regte skend deur hom onder die soeklig te plaas nie. Gewone burgers kan wel baie help deur vreemde gedrag in hul gemeenskap aan te meld, sê hy. Die Islamities­e Staat streef na wêreldoorh­eersing en verdeel die wêreld (volgens hul verwronge beskouing) in gelowiges en ongelowige­s, verduideli­k die terreurken­ner prof. Hussein Solomon. Hulle reken as die res van die wêreld nie glo wat hulle glo nie, verdien hulle om te sterf. Hiervan getuig die menige Sjiïtiese Moslems en Christene wat deur hulle afgemaai is. Die veiligheid van alle landsbewon­ers is van kardinale belang, benadruk die Moslem Juridiese Raad. “Net so moet die welstand, waardighei­d en veiligheid van Moslems in ag geneem word voor terreurwaa­rskuwings uitgereik word. Lukrake waarskuwin­gs deur die Verenigde State van Amerika kan veroorsaak dat Moslems onderwerp word aan vooroordee­l, Islamofobi­e en profielopt­rekking.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa