Huisgenoot

ONS GESKENKE VIR #1 DAD

Sy kinders vertel wat hulle vir Vadersdag beplan vir Joost, wat weer so graag vir hulle wil wys hoe lief hy hulle het

- Deur JANA VAN DER MERWE Foto: DINO CODEVILLA

HOOFFOTO: Joost van der Westhuizen en sy kinders, Kylie en Jordan, het ’n besonder hegte band en sou op Vadersdag, Sondag 19 Junie, elke oomblik saam koester. REGS: Kylie en Jordan het hierdie geskenke vir hul pa, hul held, gekoop en versier.

DIE donkerkopm­eisie galop soos ’n skouperdji­e al om haar pa, maar hy bly beweginglo­os sit. “Kyk, Dadda!” roep Kylie van der Westhuizen (10) vir haar pa, Joost, waar hy in sy rolstoel toekyk hoe sy laf bokspring oor ’n staalappar­aat wat sy vir haar perdryless­e gebruik. Kylie se broer, Jordan (12), wat al na ’n aantreklik­e jong man begin lyk, is gretig om hul pa se aandag op die rugbywedst­ryd op die TV-skerm te vestig.

Eintlik hou hy meer van sokker, erken Jordan. En hy het ’n gunsteling Engelse klubsokker­span. “Ek en my pa het albei ’n rooi Liverpool-hemp.”

So kuier hulle nes enige gewone gesin in die huis van hul ma, Amor Vittone, met die kinders wat oor hul belangstel­lings gesels en die ouers wat aandagtig luister. Joost se lyf en mond is stil, maar die glinster in die oud-Springbok se oë vertel ’n storie van ’n pa vir wie daar geen groter vreugde kan wees as om sy kinders sorgeloos en gelukkig te sien nie.

Dis al vyf jaar vandat motorneuro­nsiekte (MNS) by hom gediagnose­er is. Huisgenoot kuier hier om te hoor wat sy kinders alles vir Vadersdag beplan. “Ons het vir hom hierdie spesiale koffiebeke­rs gekoop waarop ons boodskappe geskryf het,” borrel Kylie.

“Ja,” beaam Jordan. “Ek het ’n prentjie op die beker geteken: Ek en my pa is rugbyspele­rs.” Amor vertel hoewel Jordan sokker bo rugby verkies en weens sy gehoorgebr­ek nie mag rugby speel nie, weet hy hoe gelukkig rugby sy pa maak.

“Hoekom vra jy so baie duisende vrae?” sê-vra Kylie meteens bekkig en hardloop weer weg om om haar pa te kloek. Sy lig telkens weer sorgsaam sy kop wanneer sy nek vooroor val. Die 45-jarige Joost kan nie sy kop self lig nie. Wanneer sy of Amor dit nie doen nie, is sy versorger, Hans Rex, 24 uur per dag daar om dit en

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa