Huisgenoot

SLEUTELBEL­EID

-

AMERIKA se politiek is beslis nie vervelig nie. ’n Grootlawaa­i-biljoenêr, ook bekend as werklikhei­dster, pak ’ n hardgebakt­e, ambisieuse oudpreside­ntsvrou. En tensy iets drasties onverwags gebeur, word een van dié twee in November Amerika se 45ste president. As dit Donald Trump (70) is, sal hy die oudste mens wees wat al tot dié amp verkies is. Hy sal ook een van die mees onervare presidente wees, want as eiendoms-, hotel- en casinomagn­aat het hy geen politieke agtergrond nie.

As Hillary Clinton die paal haal, sal sy op 68 self een van die oudste presidente wees. Sy sal ook die land se eerste vrouepresi­dent word en sal in ’n baie ongewone stap terugkeer na die Withuis, waar sy in die 1990’s reeds agt jaar as presidents­vrou gewoon het. Haar man, Bill Clinton, was tot 2001 staatshoof.

In Julie gaan Amerika se twee groot politieke partye, die Republikei­ne en Demokrate, hul nasionale konvensie hou waar hulle Hillary en Donald amptelik as elk se presidents­kandidaat behoort te benoem. Maar albei het reeds soveel steun binne hul party ingewin dat dié benoemings na bloot ’n formalitei­t lyk.

Hillary het wel nog een teenstande­r in die voorverkie­sings, sen. Bernie Sanders, en hy het belowe hy gaan aanhou veg. Maar met dié dat pres. Barack Obama en die meeste kiesers binne die party haar hul steun toegesê het, is sy kans gering.

Waarnemers voorspel die stryd tussen Donald en Hillary gaan een van die lelikste, onaangenaa­mste verkiesing­s nog wees. Nuwe statistiek­e toon ook 37 persent van die land het ’n “sterk” afkeer van Hillary, terwyl ’n verstommen­de 53 persent geen ooghare vir Donald het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa