Huisgenoot

DIE PRYS VAN MY MA SE RAS-UITLATING

Penny Sparrow se dogter vertel hoe haar ma se haatspraak hulle albei verwoes en hulle vir hul lewe laat vrees het

- Deur GABISILE NGCOBO

SY VERLANG na die tyd toe sy nog die ou Charmaine was, toe haar wêreld nog nie weens ’ n liederlike rasseherri­e ineengesto­rt het nie, voor daardie dag, 4 Januarie vanjaar, toe haar ma om halfsewe die oggend aan haar deur kom klop met die nuus sy het ’n “verskrikli­ke fout” begaan. Charmaine Cowrie (50) en haar ma, Penny Sparrow (68), het in aparte huise op ’n gedeelde erf gewoon, rustig. Toe Penny kom aanklop, het Charmaine nog geen benul gehad hoe drasties hul lewe op daardie oomblik sou verander nie.

Kort voor lank sou die jonger vrou vir haar sakeondern­eming, veiligheid en 11-jarige dogter se lewe vrees. En nou is sy sielsbekom­merd oor haar ma, wat verarm en vereensaam het omdat sy selfs te bang is om brood te gaan koop.

Charmaine vertel van daardie oggend. “My ma het gesê: ‘Ek het ’n verskrikli­ke fout gemaak.’ ” Penny het haar dogter vertel sy het ’n opmerking gemaak oor ’n voorval op Scottburgh­strand, en dit het op die internet versprei.

“Ek het net heeltyd gevra: ‘ Waarvan praat jy, Ma?’ Sy het net aanhou sê: ‘Ek is in groot moeilikhei­d.’ ” Sy het nie besonderhe­de gegee nie. Charmaine het haar verseker alles sal regkom.

Maar die duiwel was reeds los. Wildvreemd­elinge het Penny se telefoonno­mmer opgespoor op haar profiel by die eiendomsag­ent waar sy tevore gewerk het, en haar gebel. ’n Stortvloed boodskappe het ingestroom. “Daar is 60 sekondes in ’n minuut, maar 150 boodskappe per sekonde het deurgekom,” vertel haar dogter. “Dit was ongeloofli­k.”

Die Facebook-uitlating waarin Penny swart mense met ape vergelyk het, het haar intussen ’n boete van R150 000 besorg nadat die gelykheids­hof haar aan haatspraak skuldig bevind het.

Vir haar dogter, ’ n onskuldige slagoffer van die gevolge van haar ma se daad, was die prys ewe hoog. “Dis aaklig,” sê sy. “Ek wens ek kan onder ’n klip gaan wegkruip.”

TOE die twee vroue daardie oggend na Charmaine se kwekery op Scottburgh ry, het sy steeds nie geweet wat haar ma op Facebook kwytgeraak het nie. Die gevaarligt­e het eers begin flikker toe ’n man haar bel wat sê hy is van Amerika a

 ??  ?? Charmaine Cowrie (REGS) sê sy is sielsbekom­merd oor haar ma, Penny Sparrow, wat verarm en vereensaam het omdat sy selfs te bang is om te gaan brood koop. Haar eie lewe is ook erg ontwrig.
Charmaine Cowrie (REGS) sê sy is sielsbekom­merd oor haar ma, Penny Sparrow, wat verarm en vereensaam het omdat sy selfs te bang is om te gaan brood koop. Haar eie lewe is ook erg ontwrig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa