Rook in die hede en verlede
SUID-AFRIKA se rokers het dit lankal nie meer maklik nie. In restaurante moet ’n mens ’n afgebakende rookarea met mede- nikotienkoppe deel. By kantoorgeboue, winkelsentrums en ander openbare plekke moet hulle buite rook – winter of somer, in sonskyn of reën. Selfs dan word jy en jou “kankerstokkie” vies aangegluur deur die gesondheidsbewustes.
En nou kan dit dalk nog moeiliker word vir die bittereinders om hul nikotienverslawing te voed. Dis nou as SuidAfrika se gesondheidsminister, Aaron Motsoaledi, sy plan deurvoer om die land se rookwetgewing selfs strenger te maak.
“Rook het geen plek in die moderne lewe nie,” het hy op 31 Mei, Wêrelddag teen Tabak, verklaar.
Onder die minister se voorstelle is dat sigarette nie oor die toonbank in byvoorbeeld supermarkte te koop sal wees nie, maar net in spesialiswinkels, soos dié wat drank en tabak verkoop.
Sigaretmasjiene sal ook verdwyn. En tabakverkopers sal hul sigarette moet verkoop in bruin pakkies met net die handelsnaam klein daarop gedruk – sonder logo’s.
Volgens die gesondheidsdepartement besluit die minister nog wanneer die regte tyd sal wees om die wysigings aan wet- gewing in ’n komitee te bespreeek; bespreek; vanwe vanweë die naderende plaaslike verrkiesingverkiesing is i 2016 ’n “kort” parlementsjaar.
Die rokers is natuurlik erg ergg onthuts.onthuts Maar die minister sê die wysiggings wysigings is no nodig digdigomtevoldoenaandieriglyomtevoldoenaandieriglyyneom te voldoen aan die riglyne van diedi WêreldgesondheidsorganisasieWêreldgesondheidsorganisasi (WGO).
Is ons rookwette dan werklik soveel lakser as ander lande s’n? En sal die minister se voorgestelde wette regtig die rokers se kooltjies blus? Tot in die 1980’s het Suid-Afrika geen rookregulasies gehad nie; jy kon rook in winkelsentrums, op vliegtuie en by jou lessenaar op kantoor.
“Dit was doodnormaal vir jou kuiergas om ’n sigaret in jou huis op te steek, al was jy nie self ’n roker nie,” sê prof. Corné van Walbeek van The Economics of Tobacco Control Project aan die Universiteit van Kaapstad.
Volgens die Suid-Afrikaanse Gesondheidsnuusdiens het die situasie verander nadat die ANC in 1994 aan die bewind gekom het. Die destydse minister van gesondheid, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, het die Wet op die Beheer van Tabakprodukte voorgestel ingevolge waarvan gesondheidswaarskuwings op sigaretpakkies aangebring is.
“In die 1990’s het ’n derde van die land se volwasse bevolking (15 jaar en ouer) gerook, ewe veel mans as vroue,” vertel Corné. “Tussen 1994 en 2000 het sigarette voortdurend vinniger duurder geword as ander algemene produkte en dienste. Die regering wou sigarette so ál min- der bekostigbaar maak.”
Volgens Corné wys die statistieke dat tussen 4 en 8 persent van rokers die gewoonte laat vaar het elke keer dat die prys met 10 persent bo die inflasiekoers aangepas is.
In 2000 het Dlamini-Zuma die skroewe nog stywer vasgedraai. Rook in openbare plekke soos kantore en winkels is verbied. Tabakadvertensies was ook verbode in alle media; dit was koebaai vir die Camel-man.