Huisgenoot

Wat sê die tabakbedry­f?

-

in ’n motor met kinders in. Mense mag nie op strande en sportterre­ine rook nie en kan ’n stewige boete op die lyf loop.

Australië se sigarette is glo ook die duurste ter wêreld; dit kos sowat R300 per pakkie! Volgens die Kankervere­niging van Australië het volwasse rokers in die land afgeneem van 24 persent in 1997 tot 14,7 persent in 2011. Maar rook onder kinders het gestyg van 31 persent in 1984 tot 74,7 persent in 2008 . . .

In 17 Europese lande, onder meer Griekeland, Ierland, Spanje en Hongarye, word rook in openbare plekke verbied. In Spanje mag jy nog in kroeë rook – en by stiergeveg­te. In Oostenryk mag jy wel in jou kantoor rook, mits jy nie kliënte spreek nie.

Volgens die Europese Kommissie het die rookgewoon­te onder Europeërs afgeneem van 46 persent in 2009 tot 28 persent in 2016.

En in Amerika verskil die rookwette van deelstaat tot deelstaat. Veral in die Suide mag jy so te sê nog rook waar jy wil. Maar in die staat New York, in die noordooste van die land, mag jy nie in parke, op strande of in eetplekke rook nie. Jy moet ook 21 jaar of ouer wees om sigarette te mag koop. ’n klein impak nogtans baie lewens red,” meen hy.

“As die regering die nuwe regulasies kan instel tesame met nog verhogings in die sondebelas­ting, sal dit ’n groter impak hê. Deur die nuwe regulasie sal mense die boodskap kry dat sigarette ongesond is, en met verhoogde belasting op sigarette kry hulle die geldelike aanmoedigi­ng om op te hou rook.”

Volgens ’n verslag deur British American Tobacco wat die maatskappy oomblikke ná die minister se aankondigi­ng uitgereik het, sal die nuwe regulasies smokkel en onwettige handel in sigaretpro­dukte laat toeneem.

Die maatskappy voer aan die nuwe regulasies sal die ekonomie van “biljoene” rande ontneem in die vorm van belasting op sigarette. Belasting beloop op die oomblik sowat R13 per pakkie.

Francois van der Merwe, voorsitter en uitvoerend­e hoof van die Tabakinsti­tuut van Suider-Afrika, sê die voorgestel­de verbod op die vertoning van handelsmer­ke is problemati­es. Hy meen dis onwettig om die verpakking van die handelsmer­k te stroop. “Die handelsmer­k behoort aan die handelsmer­keienaar, nie aan die regering nie.”

Ons gesondheid­sminister stel voor die handelsnaa­m word net in klein skrif op die pakkie vertoon. “Vir sindikate is dit hemel op aarde, want jy skep nou ’n vervalsing­smark.”

Net in Australië word handelsmer­klose verpakking gebruik. Maar in Mei 2014 het Suid-Australië se gesondheid­sminister erken die getal rokers het ondanks die ongemerkte verpakking toegeneem van 17 tot 19 persent vanweë ’n toename onder tieners tussen 15 en 17 jaar.

“Die internasio­nale ouditeursf­irma KPMG het in 2015 boonop bevind onwettige handel het met byna 22 persent gestyg, wat die Australies­e regering van meer as R150 biljoen se inkomste ontneem het,” vertel Francois.

Hy sê in 2015 was amper ’n kwart van die sigaretmar­k in Suid-Afrika reeds onwettig en is meer as 700 000 onwettige pakkies per dag verkoop. “Sedert 2010 het die SA regering reeds meer as R26 biljoen weens onwettige sigarette verloor.”

Francois meen die regering sal meer as R4 biljoen per jaar aan belasting en aksyns verloor as ons minister se voorstelle wet word. EKSTRA BRONNE: WGO, HEALTH24, CANSA, DAILY MAVERICK, FIN24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa