Huisgenoot

TOE KON EK HENRI WEER VASHOU . . .

Die meisie van die beskuldigd­e in die Van Breda-bylmoorde maak haar hart oop oor die jong man wat sy as die liefde van haar lewe beskou

- Deur ALMARI WESSELS en NADIA HONIBALL

HULLE is ’n verliefde jong paartjie, en wanneer dié twee saans in haar woonstel kuier, is min goed vir hulle so lekker soos om saam kos te kook of flieks te kyk, veral die komedies en animasiero­lprente waaroor hulle albei so mal is. Maar op ’n onlangse aand, vertel Daniellé Janse van Rensburg (20), was die beste ding – die lekkerste van alle lekkertes – om haar blonde kêrel, Henri van Breda (21), se lang, sterk lyf net styf teen haar vas te hou en saam met hom na die komedie Sisters te kyk. “Dit was

sê sy. “Dit was net die lekkerste ding om daardie nag weer lekker warm langs hom te lê.”

Vir baie jong paartjies is drukkies en snoesig saam lê iets wat hulle mettertyd as vanselfspr­ekend aanvaar. Maar Daniellé het daardie aand weer besef hoe kosbaar sulke oomblikke is, want vroeër die dag moes sy vanuit ’n bankie in die Stellenbos­se landdrosho­f toekyk hoe Henri alleen en koponderst­ebo in die beskuldigd­ebank staan. Haar geliefde was net ’n paar treë van haar af, maar sy kon nie eens haar wang teen sy skouer rus om hom te troos nie.

“Ek kon hom nie in die hof vashou nie. Maar nadat die borgtog betaal en hy vrygelaat is, kon ek hom weer vashou. Dit was lekker om hom terug te hê; dit was die beste.”

Henri is die liefde van haar lewe en Daniellé sal sy omhelsing nog baie jare lank wil voel. Vir haar is daar geen sprake dat Henri, met wie sy nou amper vier maande uitgaan, skuldig bevind kan word aan die aanklagte dat hy drie lede van sy gesin met ’n byl afgemaai, die vierde probeer vermoor en toe boonop met die bebloede moordtonee­l gepeuter het nie.

“As enigiemand net ’n dag saam met Henri deurbring, sal hulle weet hy is nie tot so iets in staat nie,” sê Daniellé. “Ek sal by hom staan. Ek glo 100 persent in sy onskuld.”

VOOR ons sit ’n jong meisie met ’ n onskuldige, selfs goedgelowi­ge gesigsuitd­rukking. Haar gitswart hare staan uit teen haar wit trui en grys serp; sy het dit ná Henri se hofverskyn­ing donkerder gekleur in die hoop dat minder mense haar

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO, LINKS en ONDER: Henri van Breda en Daniellé Janse van Rensburg het by ’n sjefskool ontmoet. Dit was vir haar erg toe hy nag in ’n polisiesel moes deurbring. Sy het hom die oggend daarna by die hof bygestaan.g
HOOFFOTO, LINKS en ONDER: Henri van Breda en Daniellé Janse van Rensburg het by ’n sjefskool ontmoet. Dit was vir haar erg toe hy nag in ’n polisiesel moes deurbring. Sy het hom die oggend daarna by die hof bygestaan.g
 ??  ?? s
s

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa