Huisgenoot

SO KOOP JY VEILIG AANLYN

-

bied ook nou aanlyn inkopies. Clicks se kuberwinke­l is nog in sy babaskoene: As jy items van meer as R300 koop, is aflewering gratis. Vier dae ná my bestelling daag die produkte op in ’n netjies verseëlde boks. Ek is in my noppies met my pakkie, maar as jy dit wil teruggee, moet jy dit by ’n Clicks-tak indien waar jy jou geld terugkry of jou produk kan omruil.

Wanneer jy aanlyn by MRP Home koop, kan jy verskeie aflewering­sopsies kies: Jy kan dit by ’n MRP-tak afhaal, dit by jou naaste poskantoor laat aflewer of tuis of by die werk. Ek kies die spoedopsie en betaal R70 ekstra om te sorg dat ek my nuwe asblik binne drie dae kry. Een van die vernaamste redes waarom Suid-Afrikaners sku is vir aanlyn inkopies, is die kommer dat kuberboewe hul kredietkaa­rtbesonder­hede en geld gaan steel. Karen Dempers van spree.co.za stel voor jy beveilig jou so:

Koop by ’n geloofwaar­dige aanlyn kleinhande­laar. Vors die winkel se agtergrond na, kyk op sosialemed­ianetwerke hoe groot hul steunbasis is en loer by webtuistes soos hellopeter.com of hul kliënte kla.

Maak seker die webtuiste is veilig voor jy jou kredietkaa­rtbesonder­hede insleutel. Die URL-adres moet met “https” begin en nie net met “http” nie – die “s” wys dit is veilig.

Kyk uit vir boodskappe wat waarborg dat die webtuiste veilig is, soos “100 percent secured by Thawte”.

Webtuistes wat 3D-beveilig is, vereis ’n unieke PIN van jou bank voor die transaksie beklink word – en dit maak die aanlyn ervaring nog veiliger.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa