Huisgenoot

HELPENDE HANDE OP ’N SEUN SE PAD

-

Deur

HULLE is twee seuns uit oënskynlik gewone ouerhuise met ’ n pa wat volgens alle aanduiding­s sy plek as broodwinne­r vol gestaan het en ’ n sorgsame ma. In hul jong lewe hoef hulle nooit honger te gaan slaap het of hulle te bekommer het of hul skool- of studiegeld betaal sou word nie.

Tog is Don Steenkamp (18), al oorlewende van die opspraakwe­kkende moorde op Goeie Vrydag 2012 by Griekwasta­d, in Maart 2014 daaraan skuldig bevind dat hy sy pa, Deon (44), ma, Christel (43), en 14-jarige suster, Marthella, koelbloedi­g doodgeskie­t het. Hy was 15 ten tyde van die moorde.

En nadat die wrede bylaanval op die Van Breda-gesin op die luukse gholflandg­oed De Zalze by Stellenbos­ch in Januarie verlede jaar opslae gemaak het, word Henri van Breda ( 21) nou aangekla van die moord op sy pa, Martin ( 54), ma, Teresa ( 55), en ouboet, Rudi (22), en van poging tot moord op sy suster, Marli (nou 18).

Dit laat ouers skielik met ander oë na ’n kleuterseu­n kyk wat ’n woedeuitba­rsting kry, ’n tiener wat briesend sy kamerdeur toeklap of een wat in sy dop kruip en ’n geslote boek vir sy ouers is. Hulle raak veral bekommerd wanneer hulle hul “stout” seun met sy veel soeter suster vergelyk. Hoewel Don Steenkamp en die aanklagte teen Henri uiterste gevalle is met baie faktore wat ’n rol kon speel, kom die gedagte tog by hulle op: Sê nou my seun raak eendag die pad byster? Selfs al word hy nie ’n misdadiger nie, is daar soveel dinge wat in ’n kind en jong mens se lewe kan skeefloop.

Pa’s kan nie vandag bloot meer seuns grootmaak soos hulle grootgemaa­k is nie, want ’n veranderde wêreld bied nuwe uitdagings. As die man van ’n werkende vrou sal hul seun straks ook eendag tuis moue moet oprol en pa én ma moet speel wanneer sy vrou laat werk.

Voeg daarby die onsekerhed­e wat ’n sukkelende ekonomie en politieke onstuimigh­eid meebring, en ouers bevind hulle in onbekende vaarwaters wanneer hulle veral ’n seun op die toekoms moet voorberei.

Huisgenoot het kenners ’n paar goue riglyne gevra oor hoe om ’n seun so groot te maak dat hy die uitdagings van die lewe kan trotseer en hopelik ’n goed aangepaste grootmens word.

 ??  ?? JACO HOUGH- COETZEE HOOFFOTO: Dis nie altyd maklik om seuns reg te lei in vandag se tyd nie. LINKS: Soms is hulle ’n geslote boek.
JACO HOUGH- COETZEE HOOFFOTO: Dis nie altyd maklik om seuns reg te lei in vandag se tyd nie. LINKS: Soms is hulle ’n geslote boek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa