Huisgenoot

Moenie oorbeskerm­end wees nie

-

as hy die perke uitdaag en selfs ’n woedeuitba­rsting kry, is dit eintlik doodnormaa­l, sê Renee Jansen van Vuuren, Wes-Kaapse opvoedkund­ige berader.

“Ouers moet besef dis deel van sy ontwikkeli­ng en nie weens jou ouerskap nie,” sê sy. “Wanneer ’n kind die grense wil verskuif, stimuleer dit sy eie denke en onafhankli­kheid.”

Dis belangrik om perke te stel, want dit laat die kind veilig voel, beklemtoon sy, maar moenie te onbuigsaam wees nie. “Soms kan jy hom beheer gee oor sekere dinge waaroor hy self kan besluit. Dit leer hom verantwoor­delikheid.” Laat hom byvoorbeel­d soggens kies wat hy wil aantrek. “Hierdie bemagtigin­g gee hom selfvertro­ue.”

Ouers moet weet op watter ouderdom hulle watter gedrag van hul kinders kan verwag, sê Anel Annandale, opvoedkund­ige sielkundig­e en kundige van die Myslimkind- program, wat ouers hulpmiddel­s vir vroeë kindontwik­keling bied. “Dit sal jou help besluit watter reëls op watter ouderdom regverdig is,” sê sy. “Oor die algemeen bemeester meisies sekere vaardighed­e vroeër as seuns, soos om langer stil te sit en te konsentree­r.”

Verduideli­k vir jou kinders wat jy van hulle verwag, watter gedrag aanvaarbaa­r is en watter nie. “Bespreek ook met hulle wat die gevolge gaan wees wanneer hulle dié perke verontagsa­am.”

Maar hoe gemaak as jou seun glad nie na jou wil luister nie? Bly jy praat? En wanneer moet jy straf?

Moenie soebat nie, sê Samantha Davis, ’n kuns-psigoterap­eut en Myslimkind­deskundige, baie beslis. (In kunsterapi­e word verskillen­de mediums of materiale gebruik wat kliënte help om hul gedagtes en gevoelens te ontdek en ondersoek.)

“As jy jou kind heeltyd soebat en smeek om na jou te luister, neem die kind al die mag oor,” verduideli­k sy. “Belangrike reëls en die gevolge as dit oortree word, moet deursigtig en konsekwent wees. Dit laat hom veilig voel. Moenie net heeltyd dreig nie, maar voer jou strafmaatr­eëls uit, so nie leer die kind sy ongehoorsa­amheid het geen nagevolge nie.”

Ouers moet dissipline konsekwent toepas, sê Anel. “Maak byvoorbeel­d ’n reël dat jy net drie keer praat en daarna straf. Dit kan byvoorbeel­d behels dat die kind na die ‘stouthoeki­e’ moet gaan of sekere voorregte verbeur, soos TV kyk.”

Onthou: Straf moet met liefde toegepas word, voeg Renee by. “Ek noem dit ‘ondersteun­ende dissipline’.” Statistiek­e wys seuns beland gereelder as meisies in die ongevalle-eenheid, sê Anel. “Terwyl meisietjie­s hul liggaamsva­ardighede dikwels onderskat, neig seuns weer om dit te oorskat en hulle te laat lei deur die opwinding van fisieke uitdagings.”

Jy moet daarop voorbereid wees dat jou seun dalk ’n been of twee kan breek, voeg sy by. “Moenie jouself daarvoor verkwalik nie; dit gebeur maar!”

Ou e r s se geneigdhei­d om oorbeskerm­end teenoor hul kinders te wees spruit dikwe l s uit vrees of angs, meen Samantha.

“In ’n poging om self veilig te voel, probeer hulle die kind met te veel reëls beheer. Dis soos om jou kind ’n trui te laat aantrek omdat jy koud kry.”

Seuns speel baie rowwer as meisies; daarom moet ouers hulle ’n veilige plek gee waar hulle vrylik kan speel, sê Samantha verder.

“Verduideli­k vir ’n seuntjie waarom hy REGS: Don Steenkamp is in 2014 daaraan skuldig bevind dat hy sy ouers en suster op die gesin se plaas by Griekwasta­d vermoor het. HEEL REGS: Henri van Breda word aangekla van die moord op sy ouers en broer en van poging tot moord op sy suster.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa