Huisgenoot

UIT ANTOINETTE EN OOM JOHANNES SE APTEEK

-

Vir rustelose bene, pyne of krampe:

Sit Maandag vier aartappels in jou bed teen die deel wat pyn. Donderdag sit jy vier nuwe aartappels in die bed en plant die oues. “Jy kan dit nie eet nie,” waarsku Antoinette. “Die ou mense glo die pyn trek in die grond in.”

Vir hardlywigh­eid of wanneer jou derms pyn:

Week ’n rol watte in kasterolie en draai dit om jou lyf, van jou naeltjie tot jou skaambeen. Jy kan dit dan liggies toedraai met lap.”

Sere in jou mond:

’n Mespunt aluin en drie mespunte pienk soutkrista­lle. Gooi dit in lou water en gorrel drie keer per dag daarmee. “Dit maak jou mond vrank en droog. Dit trek jou tandvleise op ’n knop, styf teen jou tande,” sê Antoinette.

Mense wat met hul derms sukkel,

het iets wat hulle nie “emosioneel kan verteer nie”, verduideli­k oom Johannes. Hy stel voor jy maal gebrande volstruisd­op saam met gedroogde granaatski­l. Hy het ’n geheime resep van 17 wortels van verskillen­de plante wat hy op ’n maalklip meng. Drink dit vir poliepe in die derm, “geïrriteer­de-dermsindro­om” en winde.

Mense wat jeuk weens chroniese medisyne soos antidepres­sante of cholestero­lpille het

“bytjiesalf” nodig. “Die vel is die grootste orgaan. Jeuk dit, jeuk iets binne,” sê Antoinette. Die salf word gemaak van heuning, propolis, teeboom- en laventelol­ie. “Ons het al mense gehad met psoriase of ekseem wat binne drie weke gesond was.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa