Huisgenoot

VARKREPIE-BURGERS MET KAASSOUS

- 1 2 3 4 1 2 3 4

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 15-20 min. 8 ontbeende varkrepies, swoerd afgesny 30 ml (2 e) cajun

speserymen­gsel 15 ml (1 e) olyfolie SOUS 30 ml (2 e) botter 30 ml (2 e) koekmeel 250 ml (1 k) melk 150 g wit cheddar,

gerasper 10 ml (2 t) Dijon

mosterd sout BURGERS 8-12 klein brood

rolletjies, gerooster 120 g gemengde

slaaiblare 60 ml (¼ k) ingelegde jalapeño- of agurkiesky­fies (opsioneel) Voorverhit die oond tot 230 °C. Sit ’n draadrakki­e op ’n bakplaat en bespuit met kossproei.

Geur die varkrepies weerskante met die speserymen­gsel; pak op die draadrakki­e. Giet die olie oor en rooster 15-20 min. of tot goudbruin en gaar. Sny in stukke.

Verhit die botter in ’n klein kastrollet­jie. Sodra die botter gesmelt is, roer die meel by. Klits

Sous

die melk geleidelik by en verhit tot kookpunt. Roer af en toe terwyl dit 5 min. prut.

Verwyder van die hitte; roer die kaas en mosterd by. Geur met die sout na smaak.

Burgers

Pak van die blare op die onderste helftes van die broodrolle­tjies, gevolg deur die vleis. Skep van die sous oor en pak die jalapeño- of agurkiesky­fies bo-op, indien gebruik. Sit die ander helftes van die rolletjies op en sit voor.

LENSIE-MAALVLEISP­ASTEI MET OORGIETKOR­S

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 40 min. 15 ml (1 e) olyfolie 2 uie, gekap 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk 3 wortels, in blokkies

gesny 250 g maer beesmaal

vleis 1 x 410 g-blik gekapte

tamaties 500 ml (2 k) gaar 2 ml (½ t) komyn 15 ml (1 e) suiker sout en vars gemaalde

peper KORS 125 ml (½ k) koekmeel 5 ml (1 t) bakpoeier 1 ml (¼ t) sout 30 ml (2 e) botter 125 ml (½ k) melk 1 eier, geklits 10 g gemengde vars

kruie, gekap 1 wiel fetakaas, ge

krummel (opsioneel) 30 ml (2 e) botter,

gesmelt Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n oondbak met kossproei.

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die uie en knoffel tot geurig. Voeg die wortels by en roerbraai 1 min. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin.

Meng die tamaties en lensies deur en laat 5 min. prut. Geur met die komyn, sui- ker, sout en vars gemaalde peper. Skep in die bereide oondbak.

Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Vryf die botter in. Maak ’n holte in die middel van die mengsel. Giet die melk en eier by en meng goed. Meng die kruie en opsionele feta by en geur met die sout en peper.

Giet die beslag oor die maalvleis en bak 20 min. tot goudbruin en gaar. Verf met die gesmelte botter en sit voor.

Kors

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa