Huisgenoot

GEURIG GEKERRIE

- 2 3 4 5 6 7 2 3 4 5

CARIEMA ISAACS en haar pa, Moegamad Isaacs, het ’n baie spesiale verhouding gehad en ’n liefde vir kos maak gedeel. Hy was die een wat haar leer speserye meng het. Hy is sowat twee jaar gelede oorlede en sy het haar eerste kookboek, My Cape Malay Kitchen, spesiaal aan hom opgedra.

SKAAPKERRI­E

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 20 min. Gaarmaak: 60 min. 1 groot ui, gekap 5 ml (1 t) geskilde, fyn

gerasperde gemmer 5 ml (1 t) fyngedrukt­e

knoffel 1 groen brandrissi­e,

fyn gekap (opsioneel) 6 vars kerrieblar­e 15 ml (1 e) groenteoli­e

of ghee 5 ml (1 t) geroosterd­e masala of blaarmasal­a 5 ml (1 t) kokhni

masala 5 ml (1 t) fyn komyn 5 ml (1 t) borrie 2 kardemompe­ule 2 kaneelstok­ke 1 kg skaap- of lam

stukke 5 ml (1 t) suurlemoen

sap 5 ml (1 t) sout 750 ml (3 k) water 1 groot, ryp tamatie,

geskil en gerasper die helfte van ’n 410 g-blik heel of gekapte tamaties 3 middelslag- of groot

aartappels, geskil en

in kwarte gesny 15 ml (1 e) suiker ¼ bossie vars koljan

derblare, grof gekap

Plaas die ui, gemmer, knoffel, brandrissi­e en kerrieblar­e in ’n menger en verpulp tot glad.

Verhit die olie in ’n pot oor matige hitte en voeg die gemmerpast­a by. Verhit 2-3 min.; voeg al die droë speserye by (ook die kardemom en kaneelstok­ke). Verhit 5 min. tot geurig.

Voeg die vleis, suurlemoen­sap en sout by en meng goed. Bedek en verhit 2 min. oor hoë hitte; roer gereeld.

Voeg 500 ml (2 k) van die water by en verhit 10-15 min. oor matige hitte.

Verpulp die tama- ties tot glad. Voeg die aartappels en tamaties by die vleis en roer.

Voeg die oorblywend­e water by, bedek en verhit 5 min. oor hoë hitte. Verlaag die hitte tot matig, voeg die suiker by en verhit nog 30 min. of tot die vleis en aartappels sag is.

Garneer met die gekapte koljander en sit voor saam met witrys of Kaapse roti’s.

DHAL-KERRIE

GENOEG VIR 4-6 MENSE Week: 30 min. Bereiding: 20 min. Gaarmaak: sowat 60 min. 500 ml (2 k) rooi

lensies 250 ml (1 k) water 1 groot ui, fyn gekap Versorg deur CARMEN NIEHAUS 5 ml (1 t) geskilde, fyn

gerasperde gemmer 5 ml (1 t) fyngedrukt­e

knoffel 5 ml (1 t) rooi brand

rissiepast­a 6 vars kerrieblar­e 15 ml (1 e) groenteoli­e

of ghee 2 kardemompe­ule 2 kaneelstok­ke 5 ml (1 t) geroosterd­e

masala 5 ml (1 t) kokhni

masala 5 ml (1 t) fyn komyn 5 ml (1 t) borrie 1 kg lamsvleis met

been, in stukke gesny 5 ml (1 t) sout 1 groot tamatie, geskil

en gerasper 1 blik (410 g) heel of

gekapte tamaties 15 ml (1 e) suiker ¼ bossie vars koljanderb­lare, gekap, vir garnering k – koppie(s)

Spoel die lensies af onder water. Bedek met water en week 30 min. Dreineer in ’n vergiettes.

Plaas die ui, gemmer, knoffel, brandrissi­epasta en kerrieblar­e in ’n menger en verwerk tot jy ’n gladde pasta het.

Verhit die olie oor matige hitte en voeg die gemmerpast­a by. Verhit 2-5 min., voeg die kardemom, kaneel, masalas, komyn en borrie by; verhit minstens 5 min.

Voeg die vleis en sout by en verhit sowat 10 min. oor hoë hitte tot die vleis al die geure geabsorbee­r het.

Verpulp die tamaties tot glad. Voeg dit by die vleismengs­el saam met die suiker, gedreineer­de lensies e – eetlepel(s) t – teelepel(s)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa