Huisgenoot

DIÉ WEEK SE WENRESEP

- 3 4 5

HOENDERPAS­TA

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 20 min. 3 hoenderbor­sfilette,

in blokkies gesny sout en peper na smaak 1 knoffelhui­sie,

fyngedruk olie 30 ml (2 e) Dijon

mosterd 160 ml (²⁄₃ k) room 5 ml (1 t) mielieblom 60 ml (¼ k) balse

mieke asyn 60 ml (¼ k) suur

lemoensap 125 ml (½ k) sondroë tamaties in vinaigrett­e, gekap 125 ml (½ k) ontpitte

swart olywe 125 ml (½ k) artisjokha­rte, gedreineer (opsioneel) 500 ml (2 k) volgraan

spaghetti, gaar 2-3 Libanese komkom

mers, in linte gesny ’n paar kersietama­ties,

gehalveer (opsioneel) vars basiliebla­re,

gekap suurlemoen­skil,

gerasper

Geur die hoender met die sout en peper, en braai saam met die knoffel in ’n bietjie olie tot net gaar.

Meng die mosterd, room en mielieblom, voeg by die hoender, en roer tot die sous kook en effens verdik.

Roer die asyn en suurlemoen­sap by; laat weer kook.

Meng die tamaties, olywe en artisjokha­rte (indien gebruik) by.

Meng die sous deur die pasta en stapel die komkommers en tamaties (indien gebruik) bo-op. Sprinkel die basiliebla­re en suurlemoen­skil oor. Sit warm voor.

Die byvoeging van mielieblom by die sous keer dat die suurlemoen­sap die sous laat skif.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa