Huisgenoot

MISBRUIK LAAT LETSELS OP GESIN

-

Ek wou al baiekeer skree: “Dis ek, Jan, getroud met ’n ‘Dis ek, Anna’.” Min mense het ’n benul hoe dit is om getroud te wees met ’n vrou wie se pa haar jonk seksueel misbruik het. Ek het eers ná ons troue daarvan uitgevind.

Ná ons seun se geboorte het sy yskoud teenoor my geword. Nadat ons tweede kind gebore is, het sy by dié se slaapkamer ingetrek. Dit was vyf jaar gelede en ons was nog nie weer intiem nie. Sy vergelyk my met haar oorlede pa en beledig my dikwels.

Sy weier om vir berading te gaan. Sy het my al drie keer verlaat. Sy het ook ons kinders liefdeloos grootgemaa­k. Ek probeer ’n normale huishoudin­g vir my kinders skep, maar dit werk nie. Wat dink jy?

Jan op PA

As die wil daar is, is dit nooit te laat om met leiding met ’n herstelpro­ses vir jou en jou gesin te begin nie. Dis moeilik, maar haalbaar. Spreek ’n berader sodat jy dalk mettertyd jou gesin daarby kan insluit.

Jou eie behoeftes het jare lank geen aandag gekry nie; daarom voel jy gereeld dat dit jou oorweldig. Berading kan help om hierdie emosies beter te verstaan en die seer te verwerk. Wat ook al die rede, vyf jaar is ’n lang tyd om in ’n seks- en liefdelose huwelik vol belediging­s te oorleef.

Om die lewe vir jouself makliker te maak, moet jy leer onderskei watter beskuldigi­ngs sy maak weens haar wanindruk van mans. Dit is belangrik dat jy weet watter gedrag niks met jou te make het nie, maar met haar herinnerin­gs. Hartseer en skaamte laat mense pynlike goed doen en sê. Mense met seer maak seer.

Wees selfgelden­d oor jou eie emosionele behoeftes. Stel perke oor die gedrag wat jou laat voel jy word mishandel. As jy haar heeltyd eerste stel, is dit nie gesond vir jou nie.

Jy koester waarskynli­k nie nou meer verwagting­s nie, maar as julle saam aan jul herstel kan werk, kan dit ’n vertrekpun­t wees vir jul toekoms saam. Skuldgevoe­lens laat ’n mens soms heftig reageer, maar jy hoef nie sy verbale mishandeli­ng te aanvaar nie. Verwoord jou gevoelens so dat dit hom nie op die verdedigin­g stel nie.

Skryf vir hom ’n e-pos of brief en vertel hom wat jou pla. Moenie hom in ’n hoek dryf om te antwoord nie. As jy geen reaksie kry nie, vra hom of hy daarop wil reageer. Moenie noodwendig die kwessies daarin aanraak nie. Jy moet eers jul kommunikas­ieprobleem oplos voor jy die ander probleme kan aanpak. Daar is mense wat nooit sal erken watter invloed hulle op ander se lewe het nie, want dan sal hulle verantwoor­delikheid daarvoor moet aanvaar; daarom hou hulle aan met ander se gevoelens speel.

Hou op verskoning­s maak vir haar tekortkomi­nge. Liefde is nie ’n kraan wat jy na willekeur oop- of toedraai nie. Daar is geen regverdigi­ng vir iemand wat geen respek vir jou gevoelens het nie.

Jy verdien iemand wat emosioneel meer volwasse is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa