Huisgenoot

’N GEVALLESTU­DIE

-

Nadat ’n inwoner toestemmin­g geweier is om haar hond in haar woonstel aan te hou, het sy die trustees van die Laguna Ridgedeelt­itelskema in 1999 hof toe gesleep.

Die hooggeregs­hof het beslis elke versoek vir toestemmin­g om ’n dier aan te hou moet op eie meriete oorweeg word en dat die trustees hul besluit op die feite en omstandigh­ede van die spesifieke saak moet grond.

Die doel van die verbod op die aanhou van troeteldie­re in die eiser se woonstelbl­ok was om te keer dat dit vir ander inwoners ’n oorlas word. Maar al het die vrou se hond nie geblaf of op die gemeenskap­like eiendom rondgeloop nie, het die trustees haar versoek geweier – dit beteken hulle het nie haar versoek behoorlik oorweeg nie.

Die hof het bevind die inwoner mag haar hond in haar woonstel aanhou. pleks ingelig word, tree die beheerligg­aam binne hul regte op as hulle vra dat jy jou troeteldie­r dadelik verwyder. Bygesê: Hulle moet die regte prosedure volg wanneer hulle dit doen.

GEHOORSAAM DIE REËLS

Die reëls oor troeteldie­re strook gewoonlik met gesonde verstand en verantwoor­delike gedrag. Eienaars moet byvoorbeel­d dadelik agter hul troeteldie­r skoonmaak as hulle op die gemeenskap­like eiendom vuilmaak. Die troeteldie­r mag ook nie vir ander eienaars of inwoners ’n oorlas wees nie, en diere moet

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa