Huisgenoot

WAARSKUWIN­G OOR HONDSDOLHE­ID Verskeie gevalle van hondsdolhe­id onder honde en jakkalse en twee onder mense is in Gauteng aangemeld.

-

As die trustees skielik op ’n algemene jaarvergad­ering besluit eienaars mag van nou af net twee honde aanhou, kan jy nie gedwing word om van een van jou drie honde ontslae te raak nie. Maar as een van jou honde doodgaan, sal jy nie die dier mag vervang nie. Dit is die “oupabegins­el”; dit beteken die beheerligg­aam kan nie regte wegneem van mense wat dit reeds uitoefen nie. As ’n beheerligg­aam besluit om die reëls te verander en geen troeteldie­re toe te laat nie, kan jy in die hof aanvoer die algehele verbod op die aanhou van troeteldie­re maak onregverdi­gbare inbreuk op jou reg op eienaarska­p. Maar as die reël gegeld het en by die aktekantoo­r ingedien is nog voor jy eiendom in die kompleks gekoop het, tree die regsbegins­el – koper, pasop – in werking. Dit beteken die koper moet sorg dat hy weet wat die kompleks se reëls bepaal. Jou beste wapen is om ingelig te bly en die fyn druk te lees voor jy op die stippellyn teken.

AS JOU TROETELDIE­R ’N PROBLEEM WORD DAGSORG VIR HONDE

As jou beheerligg­aam ’n reël het dat jy net een hond per eiendom mag aanhou, kan ’n oormatige geblaf ’n probleem word, want die meeste honde verkies geselskap. Oorweeg dit om jou dier na ’n toepaslike dagsorgsen­trum te neem wanneer jy nie by die huis is nie. As jou troeteldie­r soos Richard se bure s’n ’n steurnis is en die beheerligg­aam vat jou aan, moet elke saak volgens meriete beoordeel word.

As jy dit oorweeg om by ’n kompleks in te trek, vind uit wat as ’n “steurnis” beskou word voor jy ’n koop- of huurkontra­k onderteken. ’n Beheerligg­aam mag nie ’n onredelike ultimatum stel nie. Jy moet eers ’n brief ontvang waarin die probleem met jou troeteldie­r uitgestipp­el word: “Dit het onder ons aandag gekom jou hond (die wit poedel) blaf onophoudel­ik. Die beheerligg­aam se reëls bepaal as jou hond ’n oorlas is, sal jy gevra word om die troeteldie­r binne sewe dae van die perseel te verwyder. Probeer asseblief sorg dat jou troeteldie­re nie vir ander inwoners ’n oorlas is nie.” Die beheerligg­aam of trustees moet ook spesifiek wees oor watter hond ’n steurnis is en jou kans gee om die probleem reg te stel, soos om stappe te doen om die geblaf te keer of te reël dat jou hond na ’n dagsorgsen­trum gaan. Die bewyslas berus by die beheerligg­aam – hulle moet bewyse lewer dat ’n spesifieke hond ’n steurnis is. Die regte prosedure vereis dat jy minstens drie waarskuwin­gsbriewe ontvang en daarna ’n brief om te sê jou hond moet binne sewe dae van die eiendom verwyder word. Dit moet deur ’n prokureurs­brief gevolg word. Op stuk van sake is goeie maniere, bedagsaamh­eid teenoor jou mede-inwoners en goeie kommunikas­ie jou beste vriende in hierdie situasie – behalwe natuurlik jou viervoetig­e vriend! BRONNE: DEREK DU TOIT, HOPEFUL FOUNDATION, NSPCA, ADV. ELIZABETH NIEUWOUDT, DIE PROKUREURS LEIGH DE SOUZA, CLAIRE VON ZUYLEN, SAM NISELOW, LEA JACOBS EN JENNIFER PADDOCK Sorg dat jou diere ingeënt is of laat hulle dadelik inent. Van die tekens van hondsdolhe­id is ongewone gedrag, ’n vrees vir water, verhoogde aggressie, byt na denkbeeldi­ge goed en skuim om die bek. BRON: NASIONALE INSTITUUT VIR OORDRAAGBA­RE SIEKTES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa