Huisgenoot

NUWE DVD’S

- Biografie. R125*. Bryan Cranston Helen Mirren) 2015. 99 min. O. R125*. Romantiese

TRUMBO

2015. 119 min. 16T. Dalton Trumbo ( van Breaking Bad), ’n draaiboeks­krywer en kampvegter vir gelyke werkersreg­te, sluit in 1943 by die Kommunisti­ese Party aan in ’n tyd toe dit ál gewilder word. Tydens die Koue Oorlog word kommuniste verdag gemaak, en die gort is gaar toe die skinderrub­riekskrywe­r Hedda Hopper ( Trumbo uitwys as een van dié “radikale” teen wie mense soos die filmster John Wayne (JAG se David James Elliott) hulle uitspreek. Trumbo beland in die tronk en ná sy vrylating kan hy nie werk kry nie. Hy begin vir ’n klein firma draaiboeke onder skuilname skryf, onder meer vir Roman Holiday (1953). Trumbo se vrou (Diane Lane) en kinders (onder wie Elle Fanning) ondersteun hom deurgaans, al trek hulle swaar weens sy onverbidde­likheid. Hy kry sy groot kans toe Kirk Douglas (Dean O’Gorman) daarop aandring dat hy die draaiboek van die Stanley Kubrick-fliek Spartacus (1960) red.

Trumbo is pragtig verfilm, vol pittighede en die klankbaan genotvol. Cranston en Mirren kwyt hulle albei goed van hul taak, maar die langsame pas kan kykers verveel. Daarby bly ’n mens daarvan bewus dat ’n rolprent nooit die volle waarheid kan weergee nie. – MARIANA LOOTS

2015. 102 min. 10-12O GrG. Aksiefanta­sie. Vin Diesel probeer met dié taamlik vermaaklik­e fliek nog ’n reeks begin. Dis meestal ’n mengelmoes fantasie-clichés, maar het wel ’n paar kinkels, slim dialoog en grilbeelde. Nadat hy van die bose Witch Queen ontslae geraak het, word die 12de-eeuse vegter Kaulder met ewige lewe vervloek. Eeue later probeer hy die vrede tussen mense en hekse in die hedendaags­e New York bewaar. – SANDRA VISSER

TROUVOETE

komedie. Terwyl haar gewilde kleinsus ywerig haar troue beplan, gesels die kunssinnig­e Ella Gous (Erica Wessels) aanlyn met haar droomman. Maar sal sy die moed hê om hom in lewende lywe te ontmoet? Die fliek het potensiaal gehad om ’n lekker oorspronkl­ike romantiese komedie te wees, maar weens swak karakteron­twikkeling en gedwonge produkplas­ing voel dit soos ’n langdradig­e advertensi­e. Die spel is wel goed. – ANNEKE STREICHER

ALVIN AND THE CHIPMUNKS: THE ROAD CHIP

2015. 90 min. O. Animasie-avontuur. In die vierde Chipmunks-fliek raak Dave (Jason Lee) op ’n sjarmante dokter (Kimberly Williams-Paisley) verlief. Sy eekhorinki­eseuns, Alvin, Simon en Theodore, is bang as hy met haar trou, gaan hulle tweede viool moet speel; daarom moet hulle keer dat hy die jawoord vra. Die rekenaartr­uuks is slim; die storie yl. Net as jy die aanval op jou ore van hul piepstemme­tjies kan weerstaan en ’n Chipmunks-aanhanger is, kan jy die kans waag. – JANINE MORRIS * DVD’S is teen dié pryse beskikbaar by takealot.com. Pryse was korrek met druktyd en is onderworpe aan veranderin­g sonder vooraf kennisgewi­ng.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa