WEN ’N BOEK
sie in Paballelo, die township buite Upington, gaan aanklop, bewerig en bang ek word die deur gewys. Maar toe ontdek ek ’n juweel van ’n mens: twee maal polisievrou van die jaar, ’n mensch en bleddie goeie Sy was die inspirasie vir my eie kol. Koekoes Mentoor.”
Toe Beeslaar haar die eerste keer ontmoet, onderskat hy haar: “meer dimpels as “’n koperbruin elfie, klein en perfek gevorm sonder om petieterig, verpot of effentjies oor te kom”. En hy berou die onderskatting . . .
’n Kleiner tema in die boek blyk uit dié paragraaf: “Hulle het hom ou Tros genoem, die kinders by die skool. Oor hy dit so baie uitgehaal en gewys het. Hy sou vir jou eenkant kry. En dan sy ou half-styf dingeses oopzip.”
Ou Tros is nie die enigste mishandelaar van kinders in Tuisland nie en ’n mens wonder of Karin dit met opset ophaal.
“Moenie dat ek begin oor hierdie onderwerp nie. Dit is ’n verskriklike onding in ons samelewing en ek het eerstehandse kennis en dit grief my tot in my tone. Ek probeer wegbly van die onderwerp, maar as ek my weer kom kry, skryf ek oor die vernieling van kinders,” sê die skrywer driftig. Y MOES baie navorsing doen, iets wat vir ’n joernalis tweede natuur is, maar ’ n slaggat kan word waar ’n skrywer verstrengel raak in feite.
“Altyd, altyd raak ek so verlief op die heerlikhede wat ek opdiep! Byvoorbeeld: Ek bring ure en ure in die veld deur saam met ’n San-spoorsnyer wat oor die fyner kunsies van jag en spoorsny praat en beduie.
“Ek neem alles op band op, transkribeer dit pynlik akkuraat agterna, sit dan met ure en ure se allerheerlikste inligting wat ek moet uitsif tot ek net die nood saaklikste oorhou, en daardie bietjie moet amper terloops uit die storie geskud word.
“Dan pyn my hart oor al die juwele aan inligting wat ek moet weggooi.” AVORSING is “tegelyk vreesaanjaend en moewies lekker.
“Ek lees bitter baie oor ’n onderwerp – boeke, artikels, referate, verhandelings, die internet.
“Vir Tuisland het ek deur ’n stuk of 15 boeke geploeg oor die geskiedenis, tradisies, tale, kuns en oorlewingsvaardighede van die San. Nog meer oor die plante en bome en grasse, die voëls en diere en streektale van die Kalahari, oor genetika en trauma, die omvang van onwettige diamantsmokkelary in ons land en polisiekorrupsie.
“Ek was gelukkig om nog die ou /Khomani-leier oom Dawid Kruiper te ontmoet. Ons het ure op ’n duin onder ’ n doringboom gesit en saamsaam die mooi Kalahari bekyk terwyl hy my alles van sy geskiedenis en omswerwinge vertel.”
Nog iemand by wie sy baie afgekyk het, was Yster Festus. Hy was die jong seun in die rolprent The Gods Must Be Crazy wat in die beroemde toneel die Coke-bottel opgetel het.
“Yster is ’ n spoorsnyer, akteur en handwerkkunstenaar met ’n stalletjie langs die pad. Ek het ’ n dag lank by hom en sy vrou, Tos, onder ’n bos langs die grootpad na die Kgalagadioorgrenspark sit en kyk hoe hulle kurio’s maak, hoe die toeriste lyk wat by hulle stop – soms arrogante bliksems * TEEN DIÉ PRYS BESKIKBAAR BY TAKEALOT.COM. DIE PRYS WAS KORREK MET DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERING SONDER VOORAF KENNISGEWING. ** ELKE SMS KOS R1,50. met duur karre wat glo hulle moet oor elke prys stry.”
Karin se skerp waarneming is duidelik in die fyn besonderhede waarmee sy mense se geite beskryf, soos hier die grootbaas:
“Generaal Leonard Mogale het groot gholfbal-oë en dik ooglede. Hy het die eienaardige gewoonte om die gholfballe effe om te dop wanneer hy sy oë knip, die onderste ooglid wat boontoe toemaak. En hy doen dit in slow mo, wat hom byna amfibies laat lyk, soos ’n padda wat sit en wag vir ’n lekker vet vlieg om verby te kom.”
Sy vertel: “Snaaks, as jy eers ’n ‘geit’ by ’n ander opgelet het, bly dit jou opval: Jacob Zuma wat sy tong met sy bolip vasknyp, ons speaker in die parlement, Baleka Mbete, se vermanende voorvinger met sy lang, krom, blinkgelakte nael.
“Ek dink ons doen dit almal, gaar onbewustelik ander se geite op, raap dit soos optelhoutjies vir later se vuur: ’n hoesie hier, ’n lipkou daar, ’n ‘ ja-nee, swaer’ tussendeur.”
Nou maak Karin eers klaar met die Engelse vertaling van Onse Vaders, haar tweede roman.
“Dan gaan ek diep asemskep. En hopelik met die volgende een begin.”
Hopelik inderdaad. Vyf lesers kan elk ’n eksemplaar wen van Tuisland (Penguin,
SMS** jou antwoord, naam en adres voor 7 Julie om 17:00 na 35407.
Wat is die skrywer se van?
R207*). VRAAG: